Private hospitale ent steeds in

Verkies 'goedgekeurde' entstowwe

08 April 2021 | Gesondheid
Henriette Lamprecht – Private hospitale geoormerk as immuniseringspunte as deel van Namibië se nasionale uitrolplan, is steeds deel van die veldtog.

Die private hospitale sluit in Windhoek die Lady Pohamba Private Hospitaal en Rhino Park en aan die kus die Cottage en Welwitschia-private hospitale op onderskeidelik Swakopmund en Walvisbaai in.

Die betrokke hospitale sal nie entstowwe toedien wat nie deur die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) op sy lys vir noodgebruik (EUL) geplaas is nie. Dit sluit Sino­pharm in waarvan 100 000 dosisse van China ontvang is en wat tans deel van Namibië se immuniseringsplan vorm.

Covishield (AstraZeneca), wat deur die Serum Instituut van Indië geskenk is, is wel op die WHO se noodlys.

Die hoof van die Covid-19-nasionale immuniserings- en ontplooiingsveldtog, me. Petronella Masabana, het bevestig private instellings verkies WHO EUL-entstowwe.

Volgens haar begin opleiding vir die dosering vir private instellings vandag en môre landswyd. Dié opleiding sou aanvanklik Dinsdag en gister plaasgevind het.

“Hulle is steeds deel van die geoormerkte immuniseringspunte en sal teen volgende week met die Covi­shield-entstof begin,” het Masabane by navraag gesê.

Vir dié entstowwe word prioriteit gegee aan persone ouer as 59 jaar en dié met onderliggende mediese toestande.

Intussen het me. Hannelie Botha, Lady Pohamba Private Hospitaal se hoofbestuurder, gesê die hospitaal het nie in beginsel iets teen die beskikbare entstowwe of immuniseringsprogram nie, maar verkies gelisensieerde, goedgekeurde ent­stowwe.

“Al kry jy toestemming by die persoon vir wie jy inent, weet jy steeds dit is een wat nie gelisensieer of goedgekeur is nie. Dit gaan oor die beginsel,” het sy gesê.

Sy het beklemtoon “ons is egter 100% agter die veldtog en wil hê ons mense moet veilig bly. Dit is alles deel om ons gesond te hou,” het Botha gesê. – [email protected]

Soortgelyk

 

Jong dokter verskyn vir verkragting

3 ure gelede | Misdaad

Die leerlingdokter wat vir die beweerde verkragting van ‘n pasiënt by die Katutura-staatshospitaal in Windhoek in hegtenis geneem is, het vanoggend sy eerste verskyning in...

Leerlingdokter verkrag glo pasiënt

15 ure gelede | Misdaad

Tuyeimo Haidula – ’n Manlike leerlingdokter by die Katutura-hospitaal is in hegtenis geneem nadat hy na bewering Sondag ’n pasiënt met kopbeserings verkrag het.Volgens ons...

Bejaardes op Swakop en plaas aangeval, beroof

15 ure gelede | Misdaad

Erwin Leuschner en Ronelle Rademeyer – Drie gemaskerde, ­ge­wa­pen­de mans het gisteroggend by 'n huis in Vineta op Swa­kop­mund in­gebreek en twee vroue aangeval en...

O die donkie, die donkie is ‘n wonderlike ding...

15 ure gelede | Mense

‘Ons korrespondent in die Suide, Elizabeth Joseph, het dié gesin van Snyfontein padlangs raakgeloop met hul hoofvervoermiddel – ’n donkie en ’n karretjie.

Covid-19 teister skole in Hardap

15 ure gelede | Ministeries

Henriette Lamprecht – Skole in die Hardapstreek word deur Covid-19 geteister, met drie skole net op Schlip wat aanvanklik hul klasse moes opskort. Die pandemie...

Weer vir Woensdag 14 April

15 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Winderige en bloedig warm toestand duur oor die kus voort, terwyl sandstorms in die Namib voorkom.BINNELAND: Sonnig en bloedig warm in die Namibwoestyn met...

Bure help hul buurte skoonhou

15 ure gelede | Infrastruktuur

Augetto Graig – Die gemeenskap van Samora Machel-kiesafdeling is voorlopers in die toepassing van die gemeenskapsgeleide totale sanitasie-inisiatief (CLTS), waardeur hul omgewing vanaf 'n ashoop...

Gondwana se saak 'nie dringend'

15 ure gelede | Howe

Francoise Steynberg – Hoërhofregter Kobus Miller het gister in die Windhoekse hoërhof beslis dat Gondwana Namibia Collection se versekeringseis vir sakeonderbreking teen Hollard Namibia nie...

Vierde 'renosterstroper' van Gobabis vas

15 ure gelede | Misdaad

Francoise Steynberg – Die vierde vermeende renosterstroper in die Gobabis-saak, mnr. Hamukoto Kanana Erastus, is ook verlede week in hegtenis geneem. Dit volg nadat die...