Prinses beskerm jagluiperds
Prinses Michael van Kent (links) is nou die eerste amptelike adelike wat 'n beskermvrou vir die Jagluiperdbewaringsfonds (CCF) is. Sy het in Maart vir vyf dae by die CCF-sentrum buite Otjiwarongo gekuier. Sy het ook wetenskaplikes van die CCF na die private reservaat Erindi vergesel waar drie jagluiperds vrygelaat is. Daarna is sy saam met die uitvoerende direkteur van die CCF, dr. Laurie Marker (regs), na Windhoek waar sy die Namibiese raadslede van die CCF en die Namibiese beskermheer en speaker van die Nasionale Vergadering, dr. Peter Katjavivi, ontmoet het. Die prinses het as tiener 'n wees- jagluiperdwelpie in Mosambiek grootgemaak en sedertdien lê jagluiperds haar na aan die hart. Foto CCF
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie