Prins William is hier

Die hertog van Cambridge gaan eerstehands op grondvlak ervaar watter rol gemeenskappe speel om Namibië se ikoniese spesie te bewaar.
Francoise Steynberg
Francoise Steynberg - Prins William van Brittanje is in Namibië om die internasionale gemeenskap se oë op Namibië se ikoniese spesie, die swartrenoster, te vestig.

As koninklike beskermheer van die Tusk-trust wat bewaring in 20 Afrikalande bevorder en president van United for Wildlife, het die hertog van Cambridge gister in Namibië aangekom vir 'n tweedaagse besoek om hoofsaaklik programme vir renosterbewaring eerstehands op grondvlak te ervaar.

"Ek is verheug om in Namibië te wees wat 'n wêreldleier op die gebied van natuurbewaring is," het die prins aan adjunkpresident Nangolo Mbumba gesê vir wie hy gister amptelik in die hoofstad besoek het.

Hy is in die land om onder meer voorbrand te maak vir die komende Onwettige Wildhandel-konferensie wat op 10 Oktober in Londen gaan plaasvind.

Samesprekings is ook agter geslote deure met die minister van die omgewing en toerisme, mnr. Pohamba Shifeta, en sy direkteur van wildlewe en nasionale parke, mnr. Colgar Sikopo, gehou wat die konferensie in Londen sal bywoon.

Mbumba het 'n renosterbeeld aan die tweede Britse troonopvolger geskenk, asook geskenke vir sy drie kinders, prins George, prinses Charlotte en prins Louis.

"Die prins is hier om ons ikoniese renosters te help beskerm," het Mbumba gesê.

Op sy beurt het prins William 'n geraamde foto van sy ouma, koningin Elizabeth II, saam met stigterspresident Sam Nujoma tydens haar amptelike besoek in 1991 aan Namibië, aan Mbumba geskenk.

"Dit maak ons trots dat die prins self kom kyk hoe Namibië se suksesvolle model van gemeenskapsgebaseerde bewaring werk. Dit is nodig dat internasionale gemeenskap ons bewaringsmodel verstaan en help om ons renosters as erfenis te beskerm," het Shifeta gesê.

"Ons swart renosters is 'n skaars spesie en Namibë spog met 90% van die wêreld se swartrenosterbevolking, maar om hulle te bewaar, het ons die steun van die internasionale gemeenskap nodig."

Die Tusk-trust ondersteun onder meer die Namibiese bewaringsorganisasies Red die Renosterfonds (SRT) en Geïntegreerde Landelike Ontwikkeling en Natuurbewaring (IRDNC), het die Britse hoëkommissaris, me. Kate Airey, gesê.

"Ons is verheug dat prins William in Namibië is en hy sal vanaand tydens 'n ete by die Britse hoë kommissariaat verteenwoordigers van hierdie nieregeringsorganisasies ontmoet," het sy gesê.

"Internasionale samewerking is baie belangrik en Namibië sal 'n leidende rol - veral die belangrike rol van gemeenskappe in bewaring - by die Onwettige Wildhandelkonferensie speel."

Airey meen dieselfde misdaadsinkdikate wat onwettige wildhandel bedryf, smokkel ook met dwelms, wapens en mense.

Sy het ook gesê die prins sou aanvanklik in sy private hoedanigheid Namibië besoek, "maar dit was belangrik vir hom en die Britse hoëkommissariaat dat hy amptelik verwelkom word".

Die doelwit van die Onwettige Wildhandel-konferensie is om internasionale vennootskappe oor grense en regerings heen te versterk met die fokus op drie temas: Die stryd teen onwettige wildhandel as georganiseerde misdaad, die bou van koalisies en die sluit van onwettige wildproduktemarkte.

Prins William sal ook Tanzanië en Kenia op sy reis na Afrika besoek.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!