Pret en plesier by Windhoek Skou
Tanja Bause - Die 63ste jaarlikse Windhoek Nywerheid-en Landbouskou wat Vrydag in die hoofstad afgeskop het, se immergewilde pretpark spog vanjaar met drie nuwe ritte. Ook is daar 23 nuwe uitstallers wat verseker daar is iets vir elke besoeker. Wat grootveebeoordelings betref, gaan 57 telers altesaam 488 beeste skou. Aan die kleinveekant het 45 telers altesaam 1 111 stuks vee ingeskryf. Die veeparade vind môre om 16:30 in die Arena plaas, terwyl die gewilde vuurwerkvertoning Donderdag aan die beurt kom. Toegang is N$40 vir volwassenes en N$20 vir skoolgaande kinders, terwyl bejaardes gratis toegang kry. Die skou loop Saterdag ten einde.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie