Prestasie

06 December 2018 | Menings
Die week het regterpresident Petrus Damaseb ‘n prestasiebestuurstelsel vir die regbank voorgestel om onder meer kwessies soos die lang uitstel van verhore aan te spreek.

Dit terwyl president Hage Geingob volgens alle indrukke tydens die jaar se laaste Kabinetsitting Dinsdag ‘n A-plus aan al sy ministers toegeken het. Burgers wonder ernstig oor dié merietebeoordeling.

Soos hulle ook nie weet hoe lank dit gaan neem voor alle staatsamptenare op grond van hul werkverrigting geëvalueer word nie.

Wat die regstelsel betref, is ‘n taakgroep aangestel om gebreke in strafregtelinge vervolging te ondersoek en oplossings daarvoor te vind. Dit is ‘n blye tyding.

Anders as die een saak wat Damaseb uitgesonder het, is daar talle wat al vir vyf jaar voortsleep. Die cliché “vertraagde geregtigheid is weerhoude geregtigheid” het vir te veel mense al ‘n werklikheid geword.

“Ons praat al vir 30 jaar lank oor basiese probleme,” het die regterpresident gesê oor die verpligting om verdagtes binne 48 uur of so gou moontlik daarna voor die hof te daag. Só ‘n uitspraak moet enigeen laat ril.

Die onveiligheid van data by laerhowe en ‘n gebrek aan statistiek is ook opnuut uitgesonder.

Gemeenskapsdiens kan as alternatief werk, maar sal goed gepolisieër word.

Slimmer werkswyses kan oplossings bied, maar as bykomende landdrosse byvoorbeeld weer nodig is om agterstande uit te wis, gaan sekere ingrypings onvermydelik ekstra geld kos.

So sê ander

4 Desember 2018

Beeld, Die Burger en Volksblad sê

Min twyfel kan bestaan dat as Suid-Afrika ’n private maatskappy was wat nie met verkwiste belastinggeld uit ’n oënskynlik bodemlose put gevoed is nie, hy bankrot sou wees.

Maar die basiese sakebeginsel dat uitgawes nie inkomste mag oorskry nie, geld nie in SA Mpy. Onbeperk nie. Miljarde rande word aan die een “reddingsboei” ná die ander vermors in futiele pogings om die onredbare te probeer red, terwyl dit die land dieper in die verknorsing dompel.

Ondernemings in staatsbesit is reeds deur diens­willige kaders in staatskaping getap. Die gewone vrolike besteding, swak sakebestuur, opgeblase personeeltal en ondoeltreffende dienslewering het tot permanente olikheid bygedra. Goeie geld wat na slegte geld gegooi word, vererger sake.

Net jammer geen kopers sal in die SAL, Eskom of die SAUK belang stel nie.

• NETWERK24

Soortgelyk

 

Honderde miljoene vir veevoer nodig

1 dag gelede | Landbou

Ronelle Rademeyer - Die 2019 droogte is ‘n omvangryke ramp en ten minste N$170 miljoen is nodig om net 5 persent van die nasionale veekudde...

Min of geen handboeke vir nuwe leerplan

1 dag gelede | Onderwys

Henriette Lamprecht – Óf drupsgewys óf glad nie. Dit is volgens verskeie skole oraloor die land die huidige stand van handboeke vir die nuwe leerplan...

Regional council must account for vandalised buildings

1 dag gelede | Infrastruktuur

AUSSENKEHR – The //Kharas Regional Council must account for government buildings that are vandalised and left to become white elephants, the minister of urban and...

Swapo beslis dorpsraadslede se lot

1 dag gelede | Politiek

Dorpsraadslede van Okahandja en Rundu moes Maandag ure lank by Swapo se hoofkantoor in Windhoek wag om te hoor wat hul lot is. Verskeie nasionale...

Groeiende stad druk rioolstelsel

1 dag gelede | Infrastruktuur

Elvira Hattingh - Die Windhoekse munisipaliteit erken sekere rioolpype in die stad moet opgradeer word om die groeiende getal stadsbewoners te akkommodeer. Terselfdertyd beloof hulle...

Weer vir 19 Februarie 2019

1 dag gelede | Weer

WEERWAAK: Bloedige hittetoestande word vir die res van die week in die binneland verwag.BINNELAND: Mooiweer en bloedig warm in die ||Kharasstreek. Elders sal dit gedeeltelik...

Gammams staan steeds stil

1 dag gelede | Regering

Elvira Hattingh – Windhoek se munisipaliteit (CoW) sê hul Gammams-watersuiweringsaanleg staan steeds stil nadat swaarbrandstofolie meer as twee weke gelede in die stad se rioolstelsel...

‘Vroue is sterk’

1 dag gelede | Maatskaplik

Mariselle Stofberg – TrueKrav Namibia het Donderdag, in samewerking met die Namibiese Vrouevereniging en Kosmos, ’n praatjie oor geslagsgeweld in die hoofstad aangebied.TrueKrav bied...

Namcor wil vry van sekere wette wees

1 dag gelede | Energie

Elvira Hattingh - Namibië se Nasionale Petroleumkorporasie (Namcor) het ‘n aansoek by die Namibiese Kompetisie-kommissie ingedien om vir die volgende 10 jaar vrygestel te wees...