Prestasie van uitvoerende direkteure verwag
Prestasie van uitvoerende direkteure verwag

Prestasie van uitvoerende direkteure verwag

Die eerste minister het amptenare aan hul vyfjaartermyn herinner.
Augetto Graig
Augetto Graig - Namibië se eerste minister, me. Saara Kuugongelwa-Amadhila, het gister 2020 se uitvoerende direkteure, staatsagentskappe en -kantore aangemoedig om eienaarskap van die regering se prestasies te neem.

“Almal van ons saam is die regering. As ons almal presteer, sal die president ook uitblink,” het sy gesê.

Volgens haar beteken laas jaar se aanpassing van die staatsdienswet nie net dat hul titel van permanente sekretaris na uitvoerende direkteur verander het nie, maar ook dat hulle vyf jaar lank in dié poste, afhangende van hul prestasie, sal bly.

Kuugongelwa-Amadhila sê die regering het administratiewe hoofde nog altyd aanspreeklik gehou.

“Maar dit is nie moontlik vir ons om hulle sonder bewyse af te dank nie. Selfs ná die verandering van titel is daar ondersoeke wat voortduur. Tot dusver is niemand skuldig bevind nie, maar dit is nie omdat die stelsel nie werk nie,” het sy gesê.

Volgens die eerste minister is die bestuur van regeringsinstansies kommerwekkend, veral weens uitgediende rekeningkundestelsels en ’n gebrek aan die toepassing van die staatsdienswet, het sy gesê.

“Tekortkominge moet aangespreek word en dit verg doelbewuste fokus,” het sy gesê.

Volgens die minister moet burokrasie geteiken word.

“Dit neem maande om terugvoering van sekere ministeries te kry, wat die gemeenskap frustreer en beleggers ontmoedig. Ons kort ’n verandering van houding. Ek hoop julle maak goeie vordering met die herontwerp van besigheidsprosesse, sonder om staat te maak op konsultante vir wie daar nie begroot is nie,” sê sy.

Die hersiening van die staatsdienswet het nou ook verder gevorder en ’n wetsontwerp sal in die parlement ter tafel gelê word, het sy gesê.

Volgens ’n nuwe benadering word bevordering aan prestasie gekoppel, sê sy.

Die eerste minister het gevra uitvoerende direkteure moet die herstrukturering van hul instansies omsigtig benader om die hoë salarisrekening te help verlaag.

Sy het ook gesê koördinering moet doeltreffender plaasvind.

“Ons is almal die regering, maar daar is sekere ministeries waar personeelvergaderings nie gereeld plaasvind nie. Kenners voel uitgesluit. Dit is belangrik dat werknemers voel hulle is deel van die besluitneming,” het sy gesê.

“Ons moet ’n teenkorrupsiestrategie toepas en seker maak korrupsie word geensins geduld nie. Kyk na finansiële aanspreeklikheid en gee gehoor aan die vereistes van die ouditeur-generaal. Sy aanbevelings moet toegepas word,” het sy gesê.

Die eerste minister het versoek dat die staatsdienshandves toegepas word.

Sake wat deur interne dissiplinêre komitees na haar kantoor verwys word, moet gereeld teruggestuur word vir oorweging van alternatiewe aksies, het sy gesê.

“Ek het gevra die mense wat dié kwessies hanteer, moet aangespreek word. Die kabinetsekretaris het ook reeds opdrag gekry hoe om uitvoerende direkteure te hanteer,” het sy gesê.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!