President woon SADC-spitsberaad by
Pres. Hage Geingob het Saterdag die spitsberaad van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC) in Swaziland bygewoon.
Die buitengewone SADC-spitsberaad oor industrialisering het die verslag van die ministeriële taakmag oor ekonomiese integrasie in die streek binne die raamwerk van die streek se strategiese ontwikkelingsplan (RISDP) bespreek.
Namibië se minister van industrialisering, handel en SME-ontwikkeling, mnr. Immanuel Ngatjizeko, het Namibië verteenwoordig.
Voor die aanvang van die spitsberaad en ter voorbereiding van die buitengewone spitsberaad het die raad van ministers kwessies van gemeenskaplike belang in die streek bespreek.
Die adjunkpremier en minister van internasionale betrekkinge en samewerking, me. Netumbo Nandi-Ndaitwah, het sedert die middel van verlede week Namibië daar verteenwoordig.
Tydens die besoek het Geingob ook die Swazi-koning, Mswati III, ontmoet en bilaterale samesprekings met ander staatshoofde gevoer. Afgesien van die twee ministers is die president ook deur senior regeringsamptenare vergesel.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie