President stel nuwe regters aan
President stel nuwe regters aan
Drie heraanstellings
24 December 2020 | Regering
Kristien Kruger – Pres. Hage Geingob het vandeesweek nuwe waarnemende hooggeregshof- en hoërhofregters aangestel met hul aanstelling wat op 1 Januarie 2021 afskop.
Regters Theo Frank, Hosea Angula, Christie Liebenberg, Shafimana Ueitele, Jeremiah Buti Zwelibanzi Shongwe, Moses Hungwe Chinhengo en hoofregter Ernest Sakala is as waarnemende hooggeregshofregters aangestel.
Sakala is die voormalige hoofregter van die Republiek van Zambië vanaf 2012 tot 2015.
Shongwe is ’n afgetrede hooggeregshofregter van Suid-Afrika en Chinhengo is ’n afgetrede hoërhofregter van Zimbabwe, voormalige hoërhofregter in Botswana en is tans ’n waarnemende regter in Lesotho.
Regters Collins Parker, Petrus Miller en Daniel Small is heraangestel as waarnemende hoërhofregters en David Chilinda Munsu is aangestel as waarnemende hoërhofregter vir die tydperk vanaf 25 Januarie tot 20 Junie 2021.
Die nuut aangestelde waarnemende regters se termyn duur tot Desember 2021.
Volgens die Grondwet het die president die bevoegdheid om op aanbeveling van die Regsdienskommissie (JSC) die hoofregter, die regterpresident van die hooggeregshof en ander regters van die hoërhof en die hooggeregshof aan te stel.
- [email protected]

Soortgelyk
Gesondheidswerkers, leerlinge en onderwysers deel van 343 nuwe gevalle
5 ure gelede | Gesondheid
Moller, Hatuikulipi se belange onder vergrootglas
20 ure gelede | Misdaad
Rekening van N$151 000 bly toe 'jakkals' gly
20 ure gelede | Misdaad
Mans vas oor vervalsing van Covid-19-toetsuitslae
20 ure gelede | Misdaad
Reënweer bring groot skade
20 ure gelede | Weer
Weer vir 11 Januarie 2021
20 ure gelede | Weer
Regering slaan toe op klaringsagente
20 ure gelede | Regering
Nafau wen in hof teen Shoprite
20 ure gelede | Arbeid
Op die spoor van Hardapdam se opvangsgebiede
20 ure gelede | Infrastruktuur
Kleinadvertensies