President su00ea hy tree in inwoners se belang op
President su00ea hy tree in inwoners se belang op

President sê hy tree in inwoners se belang op

Volgens 'n verklaring onderhandel die president nie met sakeleiers nie.
Henriette Lamprecht
Namibië se president sal altyd in die belang van die inwoners van die land optree en word altyd deur die opperste gesag van die land gelei.

So sê pres. Hage Geingob in 'n verklaring wat Staatshuis uitgereik het.

Hy sê hy is ten volle toegewy aan 'n benadering van deelnemende ­regering om beswaarde rolspelers te ontmoet.

In die lig hiervan het Geingob 'n uitnodiging aanvaar om met die Namibiese Vakbond vir Staatsdienswerkers (Napwu), die Namibiese Nasionale Studenteorganisasie (Nanso) en die Namibiese Vakbond vir Vervoer- en Verwante Werkers (Natau) te vergader om kwessies soos die verkoop van die Erindi- private wildreservaat en die ekonomie te bespreek.

Volgens Staatshuis kon die vergade­ring wat vir vandeesweek geskedu­leer was, nie plaasvind nie omdat lyn­ministers nie beskikbaar was nie.

Die beplande vergadering gaan nou vir 'n latere datum geherskeduleer word.

In die verklaring benadruk Geingob weer sy toewyding aan die beginsel van deursigtigheid en verantwoordbaarheid.

Hy verwys in dié verband na sy ontmoeting met die Mexikaanse ­miljardêr mnr. Alberto Baillères en die gevolglike nuuskonferensie wat volgens hom weer eens toewyding aan 'n deursigtige en verantwoordbare ­regering toon.

Die president is tydens die ontmoeting van vier kabinetsministers, insluitende die ministers van grondhervorming, finansies, die ­prokureur-generaal en die minister in die presidentskantoor vergesel.

Die verklaring uit die presidentskantoor het ook klem gelê op die belangrikheid daarvan om beleggers in lyn met nasionale beleggingstrategieë, die Harambee-welvaartsplan en Nasionale Ontwikkelingsplanne te lok.

Geingob het Baillères en ander sakeleiers uitgenooi om op die vooraand van die Ekonomiese Groeiberaad na ander sektore in die land te kyk.

Die uitnodiging is volgens die presidentskantoor sentraal in die stryd teen werkloosheid, die bevordering van ekonomiese groei en die bestryding van armoede.

Geingob het ook die vaardigheid van staatsinstellings beklemtoon wat die verkoop van Erindi aan ­Baillères betref.

Volgens die president moet hy in die uitvoering van sy pligte beleggers ­verseker Namibië is veilig en wette word eerbiedig.

Hy het die versekering gegee die verkoop van die wildreservaat hang van die goedkeuring van die ­Namibiese Mededingingskommissie (NaCC) af, soos regsprosesse vereis.

Die presidentskantoor het beklem­toon Geingob onderhandel nie met sakeleiers nie, maar rolspelers en ­sakeleiers bring wel hoflikheids­besoeke aan hom, soos volgens aanvaarde internasionale praktyk.

“Die beginsel om nie oor sake by Staatshuis te onderhandel nie, bly staan en bly 'n onwrikbare posisie vir so lank as wat president Geingob in die amp bly,” lui die verklaring.

Geingob het gesê die reg op eiendom is een van die grondwetlike regte en vryhede soos vervat in Namibië se Grondwet.

Grondtransaksies word ook gelei deur die Grondwet, wat eiendomsregte waarborg.

“Enige optrede tot die teendeel sal nie in Namibië, 'n land wat die wette en instellings respekteer, geduld word nie,” lui die verklaring.

Kommentaar

Republikein 2024-03-29

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 29° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 16° | 29° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 17° | 29° Gobabis: 17° | 30° Henties Bay: 16° | 20° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:24, Low Tide: 23:26, High tide: 17:46 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:22, Low Tide: 23:24, High tide: 17:44 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:21, Low Tide: 23:24, High tide: 17:43 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 23° | 34° Keetmanshoop: 24° | 35° Aranos: 22° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 24° | 35° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 27° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 21° Maseru: 11° | 29° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 27° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 29° Cape Town: 17° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 20° | 30° Harare: 16° | 29° Currency: GBP to NAD 23.79 | EUR to NAD 20.36 | CNY to NAD 2.61 | USD to NAD 18.87 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.77 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.84 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.88 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 233.12/OZ UP +1.93% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.12% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP UP +1.46% | Platinum US$ 908.62/OZ UP +1.53% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 29° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 16° | 29° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 17° | 29° Gobabis: 17° | 30° Henties Bay: 16° | 20° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:24, Low Tide: 23:26, High tide: 17:46 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:22, Low Tide: 23:24, High tide: 17:44 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:21, Low Tide: 23:24, High tide: 17:43 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 23° | 34° Keetmanshoop: 24° | 35° Aranos: 22° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 24° | 35° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 27° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 21° Maseru: 11° | 29° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 27° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 29° Cape Town: 17° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 20° | 30° Harare: 16° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.79 | EUR to NAD 20.36 | CNY to NAD 2.61 | USD to NAD 18.87 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.77 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.84 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.88 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 233.12/OZ UP +1.93% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.12% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP UP +1.46% | Platinum US$ 908.62/OZ UP +1.53%