President op landswye toer vir droogtemonitering

03 July 2019 | Regering
Ronelle Rademeyer - Pres. Hage Geingob gaan soos in 2015 toe hy staatshoof geword het, weer ‘n landswye toer aanpak en stadsaalvergaderings op dorpe hou om vas te stel hoe vorder hulpverlening aan droogteslagoffers en of bottelnek-toestande met die verspreiding van voorrade ervaar word.
Dr. Alfredo Hengari, die president se perssekretaris, sê die beplande toer is in opvolg van die afkondiging van ‘n noodtoestand op 6 Mei en die regering se belofte om meer as N$500 miljoen vir droogtehulp beskikbaar te stel.
Dit skop volgende Donderdag 11 Julie op Gobabis in die Omahekestreek af, waarna Otjiwarongo in die Otjozondjupastreek Vrydag aan die beurt kom.
Op Dinsdag 16 Julie is hy op Mariental (Hardapstreek), Woensdag op Keetmanshoop (//Kharasstreek), Donderdag op Walvisbaai (Erongostreek) en Vrydag op Khorixas (Kunenestreek).
Daarna skuif sy toer noodwaarts en vergader hy op 20 Julie met die mense van die Omusatistreek op Outapi en op 29 Julie met inwoners van die Oshikotostreek op Tsumeb.
Die stadsaalvergaderings sal op 13 Augustus in Windhoek met inwoners van die Khomasstreek afsluit.
Hengari sê inligting oor presies waar die vergaderings gehou sal word en ook op watter dorpe die president met inwoners van die Oshana-, Ohangwena-, Kavango-Oos- en -Wes- en die Zambezistreek gaan vergadering, sal later bekend gemaak word.

Foto: Die foto is tydens pres. Hage Geingob se vergadering in November 2015 deur Dirk Heinrich op Otjiwarongo geneem.

Soortgelyk

 

Weduwee en haar eks lank tronk toe vir moord...

5 ure gelede | Howe

Denver Kisting – Rachel Rittman (48) en haar 35-jarige eks, Ryno du Preez, is vanoggend onderskeidelik lewenslange tronkstraf en 30 jaar opgelê vir die moord...

Spuite, pille nie by klinieke

15 ure gelede | Ministeries

Henriette Lamprecht – Tekorte aan voorbehoedmiddels wat voorbehoedpille en –inspuitings insluit, word tans by openbare gesondheidsgeriewe in die land ondervind.Die direkteur van die ministerie van...

Sakkepakke op Lüderitz

15 ure gelede | In beeld

Tanja Bause - Die eerste trein in meer as 20 jaar het Lüderitz in Augustus vanjaar binnegery. Die trein, wat uit twee lokomotiewe en 20...

Gróót oë op Jan Taks

15 ure gelede | Ministeries

Jo-Maré DuddyVerbruikers wat voortaan BTW van 15% op suiker sal moet betaal, is een van die rits belastingaankondigings wat in vanmiddag se halfjaar-begrotingshersiening verwag word.Kenners...

Drie dae, sewe kinders glo verkrag

15 ure gelede | Misdaad

Sewe minderjarige meisies, waarvan die jongste vier en die oudste 15 jaar oud is, het na bewering binne ’n kwessie van drie dae die jongste...

Pushing the boundaries

15 ure gelede | Skole

Ester Kamati “I enjoy coming up with ideas, often random, often impractical, but occasionally valuable,” says young businesswoman of the year Hilja Eelu. Eelu is...

Children need to move

15 ure gelede | Onderwys

Children spend the majority of their day sedentary, behind desks or in front of a screen.The power of movement has been stolen from these children....

Weer vir 22 Oktober

15 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en bloedig warm in die Noordooste, andersins sonnig en baie tot bloedig warm. Winderige toestande sal oor die binneland voortduur. KUS: Gedeeltelik...

Elke refleks ’n spesifieke doel

15 ure gelede | Onderwys

Henriette Lamprecht - Primitiewe refleksbewegings wat baba vanaf bevrugting en dwarsdeur hul eerste lewensjaar uitvoer, bedraad die brein en versterk die liggaam.Vir elke refleks is...