Premier sonder goed en minder goed van 2016 uit
Premier sonder goed en minder goed van 2016 uit

Premier sonder goed en minder goed van 2016 uit

'n Oorsig oor sommige van die hoogtepunte en die grootste terugslae wat die staatsdiens die afgelope jaar beleef het, is deur die kantoor van eerste minister vrygestel.
Estelle de Bruyn
Die kantoor van die eerste minister sonder die prestasiebestuurstelsel wat vanjaar oral in die Namibiese staatsdiens ingestel is, as een van die hoogtepunte van die afgelope jaar uit.

Volgens ‘n verklaring van die kantoor van eerste minister Saara Kuugongelwa-Amadhila, het al die lede van die kabinet prestasie-ooreenkomste met pres. Hage Geingob onderteken. Ministers het ook kwartaallikse hersienings met die president onderteken.

Hierbenewens moet permanente sekretarisse ook prestasie-ooreenkomste wat kwartaalliks hersien word, met die sekretaris van die kabinet onderteken.

Die prestasiebestuurstelsel is ook in die staatsdiens geïmplementeer en meer as 65 persent van alle staatsamptenare het dit onderteken in vergelyking met 35 persent in die vorige finansiële jaar.

‘n Elektroniese model om die prestasiebestuurstelsel te bestuur, is ook ontwikkel. Altesaam tien kantore, ministeries en agentskappe van die staat het reeds opleiding ontvang om die elektroniese model te gebruik. Die program sal in Januarie 2017 in vyf van die kantore, ministeries of agentskappe begin.

“Nog ‘n stap vorentoe in pogings om ons staatsdiens voortdurend te verbeter, is ‘n holistiese benadering waarin na prosesse en prosedures gekyk word.

“Die werwingstelsel is nuut ontwerp en van 360 dae tot 45 dae verminder. Organisatoriese ontwikkeling is van 31 dae na sewe dae verminder en die tyd vir die goedkeuring van grootskaalse herstrukturering van 465 tot 100 dae.

‘n Aansoek vir ‘n bosboupermit (om hout te versamel of bome in plantasies te oes) is van 50 dae tot sewe dae verminder en aansoeke vir ‘n taxipermit is van 12 maande tot 30 dae verminder,” lui die verklaring deur die kantoor van die eerste minister.

Nog ‘n hoogtepunt wat uitgesonder word, is die ooreenkoms wat tussen die regering en staatsamptenare vir die verhoging van salarisse bereik is.

Onder die grootste terugslae van die jaar, word die vele uitdagings wat die regering nog in die gesig staar, uitgesonder. Tog word die versekering gegee dat hard gewerk word om dit die hoof te bied.

Van die uitdagings wat uitgesonder word, is die voortdurende armoede. ‘n Toegewese ministerie is ingestel met die uitsluitlike doel om armoede uit te wis. ‘n Meesterplan vir die uitwissing van armoede nader voltooiing en sal die grondslag van die regering se pogings in die verband vorm.

Die regering het die afgelope jaar voortgegaan om maatskaplike veiligheidsnette uit te brei om die lot van die armes en mees weerloses in die samelewing te verlig.

Hoë werkloosheid bied ook hoofbrekens vir die regering en ‘n spesifieke ministerie is aangesê om maatreëls te koördineer om die werkloosheidskwessie die hoof te bied.

Wetgewing en stelsels is ingestel om die regering leiding op die gebied te gee.

‘n Heffing op vaardighede is ingestel om beroepsopleiding in die land te ondersteun ten einde die jeug se indiensneembaarheid te verbeter.

Deur middel van die Namibiese Opleidingsowerheid (NTA) is beroepsopleiding en uitbreidingsprogramme aanvaar om vaardigheidsonderrig te verbreed. Dit is so geformuleer dat dit aan die behoeftes van die arbeidsmark voldoen.

Onvoldoende kapasiteit in die staatsdiens is as ‘n verdere uitdaging uitgesonder.

“Ons is besig met opleiding deur die Namibiese Instituut vir Openbare Administrasie en Bestuur (Nipam) en ander instansies om personeel se bevoegdheid te verbeter en die staatsdiens as ‘n werkgewer van keuse te posisioneer. Dit wil ons doen deur ‘n werksomgewing wat bevorderlik is vir staatsamptenare met aantreklike diensvoorwaardes te verseker,” lui die verklaring deur die kantoor.

Lae ekonomiese groei en ongelyke inkomstevlakke was ook die afgelope jaar belemmerend vir die staatsdiens.

Pogings word in die hele staatsdiens van stapel gestuur om groei te stimuleer en gelyke verspreiding van ekonomiese voordele deur middel van ‘n reeks sektorale beleidsrigtings en infrastruktuurontwikkeling, te bewerkstellig.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!