Premier gee oorsig oor staatsdiens
Premier gee oorsig oor staatsdiens

Premier gee oorsig oor staatsdiens

Die eerste minister het in die Nasionale Vergadering ‘n oorsig gegee oor die aantal staatsamptenare en wat gedoen word om jong gegradueerdes in die mark te akkommodeer.
Estelle de Bruyn
Estelle de Bruyn - Met die uitsondering van die uniformmagte en politieke ampsdraers, is daar 67 835 staatsamptenare in Namibië van wie 534 buitelanders is.

Dit blyk uit ‘n oorsig oor die staatsdiens wat die eerste minister, me. Saara Kuugongelwa-Amadhila, gister in die Nasionale Vergadering gegee het toe sy die staatsdienskommissie se jaarverslag ter tafel gelê het.

Sy het verduidelik die aanstelling van buitelanders is in sektore waar Namibië ‘n tekort aan vaardighede ondervind, soos dokters, regsgeleerdes en ingenieurs. Kuugongelwa-Amadhila is egter bemoedig met die bydrae wat Namibië se instansies van hoër opvoeding lewer om jong Namibiërs in hierdie sektore op te lei. Sy wys egter daarop dat dit vir hierdie jong mense tyd neem om ondervinding op te doen. Derhalwe het die kantoor van die eerste minister ‘n bevoegdheidsraamwerk opgestel en ook ‘n opname van behoeftes vir opleiding in die verskillende staatsdienssektore uitgevoer. In hierdie verband word nou saamgewerk met die Namibië Instituut vir Openbare Administrasie en Bestuur (Nipam).

Voorts word die program van internskappe in die staatsdiens hersien en gegradueerdes bygestaan om praktiese ondervinding op te doen en waar dit vereis word, word hulle bygestaan om by professionele liggame te registreer.

Die afgelope jaar het meer mense uit die staatsdiens getree as in die vorige jaar. Altesaam 6 487 mense het van werk verander vergeleke met die 4 038 in die vorige jaar.

Die meerderheid van staatsamptenare, te wete 69%, is vroue en 31% is mans. Tog wys Kuugongelwa-Amadhila daarop dat hard gewerk word om die aantal vroue in bestuursposisies te vermeerder, waar daar steeds onderverteenwoordiging is.

Die kantoor van die eerste minister is ook besig om ‘n geoutomatiseerde menslike kapitaal-bestuurstelsel te implementeer ten einde te voorkom dat “spookwerkers” betaling ontvang.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!