Praktiese maniere om water te bespaar
Praktiese maniere om water te bespaar

Praktiese maniere om water te bespaar

Stappe om waterverbruik te verbeter, sluit in bedekking van tuinbeddings en swembaddens.
Elvira Hattingh
Die bestuur van die vraag na water is een van die beste maniere om waterverbruik te verminder in ‘n stad soos Windhoek waar watertekorte voortdurend dreig.

Volgens ‘n artikel wat die Windhoekse munisipaliteit onlangs aan die media beskikbaar gestel het, kan dit verbruikers se lewensstandaard verbeter, asook owerhede se vermoë om vooruitgang te dryf.

“Boonop bied dit ‘n geleentheid vir ‘n verbeterde sosioëkonomiese omgewing. In gebiede waar daar ‘n watertekort is, verminder dit die druk op waterbronne en verbeter dit gemeenskappe se veerkragtigheid tydens droogtes,” lui die berig.

“Die doel van die bestuur van die watervraag moet wees om mense meer bewus te maak van hoe hulle die bron gebruik. Ook moet dit die verbruiker oorreed om water optimaal te benut en die meeste uit elke druppel te kry.”

PRAKTIESE STAPPE

Die munisipaliteit stel praktiese stappe voor om waterverbruik beter te bestuur.

Die eerste is om weekliks waterlesings te neem om te verseker verbruik bly binne aanvaarbare perke.

So kan jy ook vinniger agterkom as daar ‘n waterlekkasie is.

Die munisipaliteit stel die gebruik van waterdoeltreffende konsepte en gereedskap voor om water optimaal te benut.

Windhoekers moet ook oorweeg hoe water hergebruik kan word waar moontlik, en om so min as moontlik skoon water te gebruik.

Bedek jou swembad wanneer dit nie gebruik word nie. Grondbedekking in tuinbeddings bespaar ook water.

Die opvang van reënwater is ook ‘n goeie alternatief vir waterbestuur tydens die reënseisoen.

Die plant van groente is slegs lewensvatbaar in die reënseisoen. Droë en warm weer, veral tydens September tot Januarie, is nie geskik vir die plant van plante wat baie water benodig nie, sê die munisipaliteit.

WATERSENSITIEWE STEDE

Watersensitiewe ontwerpe vir stede behoort al hoe meer oorweeg te word.

Dit is veral doeltreffend in die natmaak van bome en die heraanvulling van ondergrondse waterbronne. Dit verminder ook die impak van vloede.

Die implementering van watersensitiewe ontwerpe rus op sekere fundamentele beginsels. Dit sluit in dat waterverbruikers hulself verbind tot ‘n skoon, vullisvrye omgewing – veral in openbare plekke.

‘n Watersensitiewe ontwerp genereer so min as moontlik rioolwater en bewerkstellig die dreinering van reënwater na ondergrondse bronne.

So kan die aanvul van ondergrondse waterbronne verbeter word, en bome trek die grootste voordeel hieruit.

Op hierdie manier kan die geleentheid vir ‘n “groen stad” ‘n realiteit word. Groen stede kan koolstofdioksied en hitte absorbeer wat deur stede gegenereer word.

“Stede kan baie warm raak en groen stede kan mense se lewensgehalte en hul sosiale omgewing verbeter,” lui die artikel.

“Die gemeenskap in stede het die geleentheid om hul lewensgehalte te verbeter as hulle die munisipaliteit se voorgestelde riglyne toepas.

“‘n Gemeenskap is so sterk soos die individue wat gewillig is om die gemeenskap en sy pogings te ondersteun en daartoe by te dra.”

Kommentaar

Republikein 2024-03-29

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 29° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 16° | 29° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 17° | 29° Gobabis: 17° | 30° Henties Bay: 16° | 20° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:24, Low Tide: 23:26, High tide: 17:46 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:22, Low Tide: 23:24, High tide: 17:44 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:21, Low Tide: 23:24, High tide: 17:43 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 23° | 34° Keetmanshoop: 24° | 35° Aranos: 22° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 24° | 35° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 27° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 21° Maseru: 11° | 29° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 27° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 29° Cape Town: 17° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 20° | 30° Harare: 16° | 29° Currency: GBP to NAD 23.82 | EUR to NAD 20.37 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.91 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.77 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.17 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.92 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 233.12/OZ UP +1.93% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.12% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP UP +1.46% | Platinum US$ 908.62/OZ UP +1.53% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 29° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 16° | 29° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 17° | 29° Gobabis: 17° | 30° Henties Bay: 16° | 20° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:24, Low Tide: 23:26, High tide: 17:46 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:22, Low Tide: 23:24, High tide: 17:44 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:21, Low Tide: 23:24, High tide: 17:43 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 23° | 34° Keetmanshoop: 24° | 35° Aranos: 22° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 24° | 35° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 27° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 21° Maseru: 11° | 29° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 27° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 29° Cape Town: 17° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 20° | 30° Harare: 16° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.82 | EUR to NAD 20.37 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.91 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.77 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.17 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.92 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 233.12/OZ UP +1.93% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.12% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP UP +1.46% | Platinum US$ 908.62/OZ UP +1.53%