Pragkerk vol bierbottels

Opknapwerk duur voort

19 November 2018 | Infrastruktuur
Tanja Bause



Op 'n koppie op die plaas Helme­ringhausen staan 'n kerkie wat met bierbottels gebou is. Die droom van dié kerk het sowat twee jaar gelede vir Björn Basler gekom.

“Ek het een aand op die koppie geklim en 'n bier met sonsondergang geniet. Die botteltjie kon nie teruggegee word nie en in die hotel op Helmeringhausen het ons baie daarvan. Ek het toe die idee gekry om die kerk te bou en die groen Windhoek Draught-bottels te gebruik,” het hy gesê.

Hy het sy idee met Erich Looser van Lüderitz gedeel wat in daardie stadium by Basler gekuier het.

“Moenie dat jou droom vervaag nie,” het Looser vir hom gesê.

Juis dié woorde het Basler bygebly. Dít en die feit dat Looser gesê het hy en sy vrou gaan binnekort hul tiende huweliksherdenking vier.

“Daarna het ek elke keer wat ek die koppie uitgeklim het, 'n paar bierbottels saamgevat,” het Basler gesê.

Mettertyd was daar 'n paadjie halfpad teen die koppie uitgetrap en later is benewens die bottels ook sand, sement, stene, hout en ­gereedskap saamgeneem.

“Ons het altesame 5 000 bierbottels opgedra, 21 000 liter water ­opgepomp en 12 Land Cruiser-­vragte vol sand in kruiwaens gelaai en ­opgestoot. Al die gereedskap is ook op- en weer afgedra,” het hy gesê.

“Ons het net sowat 4 600 bottels vir die bou van die kerkie gebruik en die res weer afgedra.”

Johannes Coetzee en twee van sy werkers het hand bygesit, asook Basler se drie seuns. Binne 'n maand is die kerk gebou.

“Ons het die bottelnekke na buite laat kyk omdat ek gehoop het dit sou in die wind fluit. Dit gebeur wel as die wind vanuit die regte rigting waai, maar ongelukkig nie so hard as wat ek gehoop het nie. Die groen bottels skep 'n mooi kleur binne die kerkie, veral wanneer die son opkom en sak.”

Binne staan 'n ou orrel.

“Ek het die traporrel 'n paar jaar gelede by past. Salomon Kahfer op Bethanie gekoop. Dit is baie oud en kom oorspronklik van die ­Stuttgater Harmonie-werke in Duitsland. Ek het dit herstel en nou word dit ook as kerkaltaar gebruik.”

Die kerkbanke is ou houttuin­bankies wat Basler herstel het. Daar is sitplek vir 32 mense.

Agt jaar gelede het Basler opknappingswerk aan die Helmeringhausen Hotel gedoen, en hy het die deure en deurkosyne gehou – min wetende dat hy weer daarvoor sou nut kry vir die kerkie.

Met dié dat Basler'n duiker op ­Lüderitz was voordat hy die Helmeringhausen Hotel en plaas gekoop het, is die kerk se klok uit een van sy ou duiksilinders gemaak, en die weerhaan op die dak is deur 'n vriend uit Mariental geskenk. Die leiklip vir die vloer kom van 'n plaas naby Büllsport.

“In Desember sal Looser en sy vrou se huweliksherdenking in die kerkie gevier word. Dit sal ook die eerste keer wees dat die kerk gebruik word. Dit is ook vir 'n troue in Maart ­bespreek,” het Basler gesê.

Soortgelyk

 

SDFN houses at Kalkfeld nearing completion

3 ure gelede | Infrastruktuur

KALKFELD – The construction of 18 houses by the Shack Dwellers Federation of Namibia (SDFN) is nearing completion at the Kalkfeld settlement in the Otjozondjupa...

Manlike pasiënt 'twee keer' besny

3 ure gelede | Ministeries

Henriette Lamprecht Die ministerie van finansies het 'n forensiese ondersoek na die eispatrone van verskaffers van gesondheidsdienste van stapel gestuur om moontlike bedrog by die...

Kaptein wou terugdraai voor 157 sterf

3 ure gelede | Ongelukke

Ronelle Rademeyer Die kaptein van Ethiopian Airlines se vlug ET302 het toestemming gehad om die vliegtuig terug te draai na die Internasionale Lughawe Bole by...

Só vaar die Verkrygingsraad

3 ure gelede | Ministeries

Augetto Graig Struikelblokke kan in geleenthede omskep word. Só sê me. Lischen Ramakhutla, die Sentrale Verkrygingsraad van Namibië (CPBN) se administratiewe hoof.Sy en mnr. Patrick...

Weer vir 11 Maart 2019

3 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm in die Noorde, Noordooste, Ooste en sentrale hoogland met geïsoleerde donderbuie op plekke. Elders sal dit...

Ou beursbeleid finansier 'enige' student

3 ure gelede | Onderwys

Henriette Lamprecht - “As jy van die begin af nie gehad het wat nodig is nie, gaan jy dit ook nie aan die einde...

Stem nou vir jou gunstelingpaartjie!

3 ure gelede | Gebeure

D'Arlin en Leigh-Ann Benade is een van die top-30-paartjies in Republikein se Bruidspaar van die Jaar-kompetisie. Een gelukkige leser, wat aan ons SMS-kompetisie deelneem, kan...

Aanleg les binnekort weer dors

3 ure gelede | Regering

Elvira Hattingh - Windhoek se WinGoc-aanleg (Windhoek Goreangab Operating Company) sal na verwagting binne dae weer drinkwater aan Windhoekers kan verskaf. Terselfdertyd beplan die munisipaliteit...

Wetsontwerp terug parlement toe

3 ure gelede | Ministeries

Ogone Tlhage – Die wet op staatsondernemings sal na verwagting eersdaags weer in die Nasionale Vergadering (NV) vir finale insette voorgelê word, mnr. Leon Jooste,...