Pous vra dat gedeelte van Ons Vader-gebed verander
Pous Franciskus wil hê dat ’n sekere gedeelte van die Ons Vader-gebed verander word omdat hy meen dit is swak vertaal.
Die BBC berig dat hy Woensdagaand op die Italiaanse Katolieke televisiekanaal, TV2000, gesê het die frase “lei ons nie in versoeking nie” is nie ’n goeie vertaling nie, omdat God nié mense tot sonde sal lei nie. “Dit is die Satan se werk,” berig die Los Angeles Times.
Die Pous het voorgestel dat dié frase verander word na: “Laat ons nie in versoeking val nie”.
Die nuwe voorgestelde frase, sê die Pous, is meer korrek, en verduidelik: “Laat my nie in versoeking val nie, want dit is ék wat val. Dit is nie God wat my in versoeking werp en dan toekyk terwyl ek val nie.”
Volgens die Pous sal ’n vader nie sy kinders in versoeking lei nie, maar hulle eerder help om op te staan.
Hy het gesê die Franse Rooms-Katolieke Kerk gebruik reeds die nuwe bewoording en dit behoort wêreldwyd toegepas te word.
Die gedeelte in die bekende Christen-gebed wat die Pous pla, is ’n vertaling uit die Latynse Vulgaat, ’n vierde eeuse Latynse vertaling van die Bybel, wat volgens die BBC op sy beurt vanuit antieke Grieks, Hebreeus en Aramees vertaal is. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie