Pote kies 'jong span' teen Cheetahs
Rugby
Cobus Claassen - Pote Human, hoofafrigter van die Blou Bulle, het 'n beginspan gekies vir vanaand se Curriebeker-kragmeting met die Cheetahs in Bloemfontein wat net een speler bevat wat nog nie Superrugby gespeel het nie (afskotyd 19:00).
Dit is net die slot Ruan Nortjé, wat vroeër die seisoen vir die Junior Bokke gespeel het, wat nog nie op dié vlak uitgedraf het nie.
Manie Libbok en André Warner is die skakelpaar en die kaptein, Hanro Liebenberg, vorm saam met Thembelani Bholi en Ruan Steenkamp die lostrio.
“Dit is steeds 'n jong span, maar dit gee my gemoedsrus dat daar so baie spelers is wat al Superrugby gespeel het. Die Cheetahs gaan uitgehonger wees om die wedstryd te wen om só die Pro14-reeks met momentum in te gaan,” het Human gesê.
Die Bulle het 'n terugslag gehad toe die haker Jaco Visagie sy knie gister beseer het. Edgar Marutlulle dra die nr. 2-trui in sy afwesigheid.
Blou Bulle: Divan Rossouw, Jade Stighling, Johnny Kotze, JT Jackson, Jamba Ulengo, Manie Libbok, André Warner, Hanro Liebenberg (kapt), Thembelani Bholi, Ruan Steenkamp, Ruan Nortjé, Ruben van Heerden, Conraad van Vuuren, Edgar Marutlulle, Matthys Basson. Reserwes: Jan-Henning Campher, Dayan van der Westhuizen, Hendré Stassen, Jano Venter, Theo Maree, Tony Jantjies, Earll Douwrie.
– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie