Pool reis deur Namibië met elektriese kar
Geskiedenis word gemaak om die vasteland met 'n e-voertuig te
Francoise Steynberg
'n Poolse avonturier, Arkady Fiedler, het verlede week met sy Nissan Leaf deur Namibië gereis tydens sy lang kruistog deur Wes-Afrika na Warskou.
Wat is nou so snaaks daaraan? Baie avontuurrlustiges reis vanaf Kaapstad via Namibië deur Wes-Afrika na Europa. Sommiges pak die reis met 'n motorfiets of selfs 'n fiets aan.
Maar Fiedler se reis is tog uniek en propvol avontuur. Sy Nissantjie is 'n elektriese motor wat elke 250 km by 'n kragprop weer die krag moet herlaai.
Maar hy het geen probleme in Namibië gehad nie, al is die afstande op Namibiese paaie (én grondpaaie) tussen afgeleë dorpe ver.
In Namibië het hy by die naaste Nissan-tak vir 'n kragprop ingeloer, andersins vra hy net op pad waar is die naaste kragprop. En Namibiërs is mos sulke vriendelike mense wat graag help. Bygesê, hy het darem 'n kragopwekkertjie in sy kattebak as die kar se krag pap raak of dinge nie uitwerk soos dit beplan is nie.
Fiedler het ook 'n draai in die Etosha Nasionale Park gemaak en hy skryf sy ontmoeting met 'n olifant was “elektries”, net soos sy karretjie.
Toe het hy nog net 2 500 km agter die blad op sy reis van 15 000 km al langs die weskus van Afrika met sy eindbestemming Warskou in Pole.
“In die 2 500 km is die kar se elektrisiteit 17 keer herlaai, insluitend 11 keer oornag. Die elektriese infrastruktuur was oral goed,” sê Fiedler.
“Gewoonlik word die krag herlaai waar ek by kampeerterreine, hotelle of rugsakreisigerherberge oorslaap. Op pad word herlaai by vulstasies, restaurante, verskeie Nissan-garages en selfs 'n Meredes-garage. Hy meen Namibië was die maklike deel van die Afrika-vasteland.
Fiedler reis tans deur Angola.
Besoek gerus Fiedler se Facebook-blad, Arkady Fiedler – Podroze, om sy reis te volg. Moenie bekommerd wees nie, jy gaan nie sommer sy avontuur misloop nie, want hy gaan nog baie lank deur Wes-Afrika aankarring, want sy e-karretjie kruie maar net so teen 70 km per uur aan.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie