Pollard-slag lei tot losskakel-vraagstuk

Rugby
Cobus Claassen – ’n Kans vir Elton Jantjies om uit die Handré Pollard-skadu te beweeg of tyd om met ’n opkomende ster te waag?
Daar is diegene wat meen dat Pollard se kniebesering, wat hom uit vanjaar se Rugbykampioenskap sal hou, Jacques Nienaber, die Bok-breier, eerder na ’n langtermyn-belegging soos Damian Willemse of Curwin Bosch moet laat kyk.
Die voormalige Springbok-losskakel Joel Stransky glo egter dat die 30-jarige Jantjies verdien om nou die voorkeur-kandidaat te wees.
“Elton het hom al bewys. Hy is deesdae ’n leier, verdedig goed, sy besluitneming is knap en hy bied afwisseling op die aanval.
“Hy is al lank in die Bok-spanopset en ek sou beslis dink hy is volgende in die ry.”
Maar wat van sy geneigdheid om die kluts kwyt te raak in drukkoker-wedstryde wanneer die teenstanders in sy gesig boer?
“Dit was hier en daar ’n kwessie in die verlede, maar dit was deel van sy leerkurwe. Ek dink nie hy is meer daardie speler nie.
“Curwin is baie talentvol, maar hy het steeds een of twee tekortkominge in sy mondering. Hy was vroeër vanjaar uitstekend in die Superreeks en dit is goed dat hy die kans gekry het om hom op losskakel te begin vestig.”
Die man wat in 1995 die Springbokke se Wêreldbeker-glorie met ’n skepdoel verseël het, sê hy is nie oortuig dat losskakel Willemse se beste posisie is nie.
“Hy het nét so baie talent, maar ek voel hy kom op heelagter beter tot sy reg wanneer hy meer ruimte het.
“Het hy al sy vernuf in die nr. 10-trui op Superrugby-vlak bo alle twyfel tentoongestel? Ek twyfel.”
Met Pollard se besering is Nienaber een van sy voorste troefkaarte kwyt, sê Stransky.
“Pollard se teenwoordigheid en invloed verlede jaar in die Wêreldbeker-toernooi was duidelik.
“Hy het die span se aanslag met soveel selfvertroue en volwassenheid bestuur. Dit is ’n enorme terugslag. Hy is boonop groot en sterk, en bied iets ekstra, wat kleiner losskakels nie het nie.”
Naas Botha, oud-Bok-losskakel en -kaptein, sê dit is nooit ’n goeie plan om ’n speler op grond van sy reputasie te kies nie.
“Die beste speler moet gekies word. Dit klink of daar (voor die Rugbykampioenskap) tyd sal wees om ons losskakels op te weeg.
“Sommige spelers sal vinnig uit die wegspringblokke wees en ander sal ’n ruk vat om aan die gang te kom. Gegewe die omstandighede, gaan spelpeil belangrik wees teen die tyd wanneer die span gekies moet word.
“Spelers soos Elton, Curwin en Damian Willemse sal almal in die wedloop wees. Selfs Robert du Preez het die laaste ruk in die Engelse Premierliga goed gelyk.
“Ons is eintlik in ’n goeie posisie as jy vier losskakels as ’n moontlike plaasvervanger kan opnoem.”
Sou jy Pollard met ’n soortgelyke speler wou vervang, kan Du Preez, wat ook groot en sterk is, sterk in die wedloop wees.
“Daar is ’n nuwe afrigter (Nienaber) en hy sal sekerlik sy stempel wil afdruk, hoewel Rassie Erasmus steeds insette sal lewer.
“Pollard kies homself, maar watter soort losskakel sal Nienaber nou verkies? Net tyd sal leer,” sê Botha. – Netwerk24



FOTO
’n Losskakel soos Robert du Preez, wat tans vir die Sale Sharks in die Engelse Premierliga speel, is ’n moontlike opsie as plaasvervanger vir die beseerde Springbok Handré Pollard. Foto Getty Images

Kommentaar

Republikein 2024-04-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Currency: GBP to NAD 23.74 | EUR to NAD 20.39 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.08 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.24 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19.1 | USD to ZMW 26.3 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 314.63/OZ DOWN -0.0007 | Copper US$ 4.51/lb UP +1.64% | Zinc US$ 2 880.40/T UP 2.61% | Brent Crude Oil US$ 87.42/BBP DOWN -0.0066 | Platinum US$ 896.38/OZ DOWN -0.0064 Sport results: Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.74 | EUR to NAD 20.39 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.08 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.24 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19.1 | USD to ZMW 26.3 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 314.63/OZ DOWN -0.0007 | Copper US$ 4.51/lb UP +1.64% | Zinc US$ 2 880.40/T UP 2.61% | Brent Crude Oil US$ 87.42/BBP DOWN -0.0066 | Platinum US$ 896.38/OZ DOWN -0.0064