Polisieminister se seun nie verder vervolg
Polisieminister se seun nie verder vervolg

Polisieminister se seun nie verder vervolg

Die eerste permanente staking van vervolging is in Namibië toegestaan.
Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer - ’n Adjudant-offisier in die polisie wat tien jaar gelede saam met ander beamptes in hegtenis geneem en van korrupsie en afpersing aangekla is, het in die hoërhof in Windhoek geslaag met ’n aansoek vir die permanente staking van sy vervolging.

Dit is die eerste suksesvolle aansoek van dié aard in die land se vervolgingsgskiedenis.

Mnr. Marien Ngoubi Namoloh, seun van die minister van veiligheid en sekuriteit, genl.maj. (afgetree) Charles Namoloh, het die aansoek gebring ingevolge Artikel 12(1)(b), wat die reg op ’n regverdige verhoor in die hoofstuk oor fundamentele menseregte en vryhede uitstippel.

Hy het in sy aansoek teen die aanklaer-generaal, die landdros van die Windhoekse landdroshof in Katutura, asook die inspekteur-generaal van die polisie aangevoer die voortdurende uitstel van die verhoor lei tot onredelike vervolging.

Hy is op 26 Junie 2009 saam met ander verdagtes in hegtenis geneem en van korrupsie en afpersing aangekla. Ná ’n week in aanhouding is borgtog aan hom toegestaan.

Sy eerste verskyning daarna in dié betrokke landdroshof was op 9 Desember 2010.

Ná verskeie vertragings is dit tot 23 en 24 Julie 2012 vir pleit en verhoor uitgestel.

Op dié betrokke datum is dit weer uitgestel – eers tot 5 Junie 2013 en toe tot 3 Desember.

In hofstukke het hy aangevoer die verdediging het versoek dit moes die laaste uitstel vir die pleit en verhoor wees, maar dit is toe wéér uitgestel aangesien van die staat se getuies nie opgedaag het nie.

Die volgende uitsteldatum was 4 Augustus 2014 – vyf jaar ná sy inhegtenisneming. Ook hierdie datum het gekom en gegaan sonder dat die staat daarin kon slaag om al die getuies byeen te kry.

Die aanklaer-generaal, adv. Martha Imalwa, het die aansoek teengestaan en aangevoer Namoloh het hoofsaaklik versoek die datums moet uitgestel word. Verder het sy gesê baie van die vermiste getuies kon opgespoor word en kan nou teen hom getuig.

Sy het ook daarop gewys die permanente staking van die verhoor het verreikende gevolge en dit word net in “ekstreme, radikale en uitsonderlike” gevalle toegestaan.

Imalwa het ook daarop gewys dat die voorgeskrewe tydperk vir die toestaan van só ’n aansoek 20 jaar ná die inhegtenisneming is.

Sy het ook op die negatiewe impak daarvan op die slagoffers en die openbare belang gewys en beklemtoon dat ’n permanente staking van vervolging nog nooit in Namibië toegestaan is nie.

Imalwa het ook genoem dat Namoloh ander hangende strafregtelike sake teen hom het. Sy het gesê dit dra ewe veel by tot die benadeling van sy bevorderingsmoontlikhede in die polisie, een van die redes vir sy aansoek.

Regter Harald Geier het bevind Namoloh kon bewys sy verhoor het nie binne ’n redelike tyd plaasgevind nie.

Hy het ook bevind hy kon bewys dat sy verhoor onherstelbare skade gely het – nie net omdat hy sekere feite in die saak al vergeet het nie, maar ook omdat van sy dokumente al weggeraak het.

Dit het hom ook baie aan regsverteenwoordiging gekos.

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Currency: GBP to NAD 23.66 | EUR to NAD 20.36 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.1 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.87 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48.28 | USD to KES 132.98 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.1 | USD to ZMW 25.65 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 393.01/OZ UP +0.55% | Copper US$ 4.47/lb UP +1.14% | Zinc US$ 2 857.90/T UP 1.28% | Brent Crude Oil US$ 87.48/BBP UP +0.37% | Platinum US$ 930.36/OZ DOWN -0.0062 Sport results: European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Weather: Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.66 | EUR to NAD 20.36 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.1 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.87 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48.28 | USD to KES 132.98 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.1 | USD to ZMW 25.65 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 393.01/OZ UP +0.55% | Copper US$ 4.47/lb UP +1.14% | Zinc US$ 2 857.90/T UP 1.28% | Brent Crude Oil US$ 87.48/BBP UP +0.37% | Platinum US$ 930.36/OZ DOWN -0.0062