Polisieman vry ná appèl
’n Moordveroordeelde is verlede week in Windhoek se hoërhof vrygespreek nadat twee appèlregters bevind het die getuienis teen hom was nie voldoende vir sy skuldigbevinding nie.
Jacqueline Louw – Die polisiebeampte wat in April vanjaar tot 12 jaar gevangenisstraf gevonnis is vir die moord op ’n studentverpleegster, me. Martha Ilonga, is verlede week in Windhoek se hoërhof vrygespreek.
Regters Nate Ndauendapo en Christie Liebenberg het George Ndamwoongela (25) se skuldigbevinding aan moord ter syde gestel en vervang met een van strafbare manslag.
Die regters het ook Ndamwoongela se tronkstraf van 12 jaar gewysig na ’n vonnis van vyf jaar tronkstraf wat vir ’n tydperk van vyf jaar opgeskort is, op voorwaarde dat hy nie gedurende dié tyd weer aan strafbare manslag skuldig bevind word nie.
Ndamwoongela het teen beide die skuldigbevinding en die vonnis wat hy in die streekhof in Windhoek opgelê is, geappelleer.
Die streekhof het bevind hy was skuldig daaraan dat hy die 20-jarige Ilonga geskiet het. Sy was ’n passasier in ’n motor wat vermoedelik in ’n rooftog betrokke was.
Gedurende die verhoor het Ndamwoongela volgehou hy wou slegs op die bande van die motor skiet om te verhoed dat die bestuurder vlug, en sy bedoeling was nie om die bestuurder of die passasier in die motor dood te skiet nie.
Ilonga, wat aan die Namibia Health Training Centre in Windhoek gestudeer het, was op pad na haar huis in die Goreangab-woonbuurt in Katutura toe sy raakgeskiet is.
Regter Ndauendapo, wat die uitspraak in ooreenstemming met regter Liebenberg geskryf het, het gesê die hof a quo was na sy mening verkeerd om tot die slotsom te kom dat die feite daarop dui dat Ndamwoongela na die motor self en nie die bande geskiet het nie.
Die regter het verder gesê beide Ndamwoongela en die beampte wat op die toneel was, het die weergawe bevestig dat Ndamwoongela na die motor se agterband geskiet het omdat hy vermoed het die bestuurder was in ’n rooftog betrokke.
“Die feite is die beskuldigde het ’n dodelike wapen gehad waarmee hy agter ’n vinnigbewegende motor gehardloop het waarin mense was toe hy na die band geskiet het,” het die regter gesê.
“Dit was gevolglik onmoontlik om met ’n mate van akkuraatheid te skiet en hy moes besef het hy kon iemand tref en het nagelaat om die nodige stappe teen daardie moontlikheid te neem. Hy is dus skuldig aan strafbare manslag,” het regter Ndauendapo gesê.
Ndauendapo het ook in sy uitspraak genoem Ndamwoongela is ’n eerste oortreder en die skietvoorval het plaasgevind terwyl hy aan diens was.
“Die beskuldigde het geen voorneme gehad om die oorledene dood te maak nie, maar het deur sy nalatigheid die oorledene se dood veroorsaak,” het die regter beslis.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie