Polisieman sterf in ongeluk
Polisieman sterf in ongeluk
31 December 2020 | Ongelukke
‘n Lid van die Namibiese polisie is gistermiddag in ‘n ongeluk naby Okakarara dood.
Volgens die polisiewoordvoerder in die Otjozondjupastreek, insp. Maureen Mbeha, het die private voertuig waarin die polisieman as passasier gereis het, omstreeks 14:30 glo teen ‘n toring in die Ohorongombaranga-nedersetting naby Okakarara gebots.
Die oorledene is as sers. Norman Vries geïdentifiseer wat by die Okamatapati-polisiekantoor gestasioneer was. Mbeha het gesê die voertuig het vanaf Okamatapati na Okakarara gereis.
"Sowat 60 km oos van Okakarara het die 34-jarige bestuurder glo vir bokke op die grondpad uitgeswaai, beheer oor die voertuig verloor en teen ‘n toring langs die pad gebots.
“Vries is op slag dood en die bestuurder is met beserings na die Okakarara-staatshopitaal geneem,” het Mbeha gesê.
Die polisieondersoek duur voort en die naasbestaandes is van sy dood ingelig. - Nampa

Soortgelyk
Gesondheidswerkers, leerlinge en onderwysers deel van 343 nuwe gevalle
48 minute gelede | Gesondheid
Moller, Hatuikulipi se belange onder vergrootglas
16 ure gelede | Misdaad
Rekening van N$151 000 bly toe 'jakkals' gly
16 ure gelede | Misdaad
Mans vas oor vervalsing van Covid-19-toetsuitslae
16 ure gelede | Misdaad
Reënweer bring groot skade
16 ure gelede | Weer
Weer vir 11 Januarie 2021
16 ure gelede | Weer
Regering slaan toe op klaringsagente
16 ure gelede | Regering
Nafau wen in hof teen Shoprite
16 ure gelede | Arbeid
Op die spoor van Hardapdam se opvangsgebiede
16 ure gelede | Infrastruktuur
Kleinadvertensies