Polisiehoof kap dronklappe
Polisiehoof kap dronklappe

Polisiehoof kap dronklappe

Operasie Hornkranz het nie ten doel gehad om burgers aan te rand nie, sê die inspekteur-generaal.
Denver Kisting
Denver Kisting – Lt.genl. Sebastian Ndeitunga, die nasionale polisiehoof, sê die meeste mense was dronk, wat beweer hulle is deur die polisie of weermag aangerand.

Gevolglik sukkel van dié mense om besonderhede van die beweerde aanval tydens Operasie Hornkranz te onthou en te verstrek, sê hy.

Ndeitunga het gistermiddag gesê in baie gevalle is dit polisiebeamptes wat nie aan diens was nie wat beweer hulle is deur hul kollegas aangerand.

Hoewel Operasie Hornkranz – ’n gesamentlike oefening deur die polisie en die weermag – ’n landswye veldtog was, is die bewerings oor geweld slegs in Windhoek gemaak, sê hy. “Ons regverdig geen geweld of aanranding nie,” het hy gesê.

Maar, maan hy, die polisie gaan ook geen geweld teenoor hulle duld nie.

Tot dusver is ses klagte by die polisie aanhangig gemaak, het hy gesê.

Ndeitunga het gister gesê hulle probeer hul bes om agter die kap van die bewerings van geweld teen beamptes te kom.

Volgens hom is van dié aantygings “wild”.

Hy sê hy het voor gistermiddag nog nie gehoor van bewerings dat die magte mans met oorbelle teiken nie.

Ndeitunga sê hy het die ondersoekspan beveel om hul ondersoek teen die einde van vandeesmaand af te handel.

Ndeitunga het gistermiddag aangekondig Operasie Hornkranz kom einde vandeesweek tot ’n einde.

Hy sê dié wending is nie weens die bewerings oor geweld nie.

Volgens hom was Operasie Hornkranz ’n reusesukses. Tydens die mees onlangse been van die veldtog is 599 verdagtes weens verskeie beweerde oortredings in hegtenis geneem.

Dit sluit ernstige sake soos moord en minder ernstige sake soos winkeldiefstal in, het hy gesê.

Die polisie het beslag gelê op 479 gevaarlike voorwerpe, wat vuurwapens insluit.

Ndeitunga sê hulle het ook op onwettige dwelms ter waarde van N$2,6 miljoen beslag gelê.

’n Nuwe misdaadbekampingsveldtog, Operasie Kalahariwoestyn, word dan van stapel gestuur.

Nege maande ná Avihe

Ndeitunga het gister toegegee die polisie kon nog geen deurbraak maak in die grumoord van die negejarige Avihe Ujaha nie.

Haar opgekapte lykie is sowat nege maande gelede in ’n rivierloop in die hoofstad gevind.

Haar aanvaller(s) is steeds op vrye voet.

Ndeitunga sê dié tipe ondersoeke word gekortwiek deur ’n gebrek aan kringtelevisiekameras in die hooftad.

Volgens hom krap hulle elke dag oor dié saak kop.

Só staan die Arandis-saak:

Die polisiehoof sê hulle beraadslaag tans met die kantoor van die aanklaer-generaal oor die vordering in die dubbele moordsaak.

Die klein gemeenskap van Arandis is onlangs tot in sy fondamente geskud met die moorde op mnr. Eckhart Mueller (72) en die 60-jarige mnr. Heimo Hellwig.

Hulle was onderskeidelik die direkteur en adjunkdirekteur van die Namibië Instituut van Mynbou en Tegnologie (Nimt).

Adj.komm. Edwin Kanguatjivi, die nasionale polisiewoordvoerder, het gister bevestig “’n persoon van belang” is steeds in aanhouding maar weens ’n ander beweerde misdaad en nie die moorde nie.

Ndeitunga sê hulle hanteer mense van belang in aanhouding in ooreenstemming met die vereistes van die Grondwet. “Ons sal binnekort ’n besluit neem – kla hulle aan of laat hulle vry. Maar ons beweeg in die regte rigting.”

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!