Polisiebeampte sterf in ongeluk
Polisiebeampte sterf in ongeluk

Polisiebeampte sterf in ongeluk

Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht - Twee mense is Sondag omstreeks 21:55 in ‘n motorongeluk dood, nadat die motor waarin hulle op reis was na bewering ‘n vlakvark gestamp het. Die ongeluk het op die Windhoek-Gobabis-pad sowat 20 km van die Internasionale Lughawe Hosea Kutako in die rigting van Gobabis plaasgevind.

Die voertuig het die vlakvark glo gestamp waarná die bestuurder beheer oor die voertuig verloor het en dit die pad verlaat en omgeslaan het.

Twee mense is dood en een ernstig beseer. Die oorledenes is as mnre. Kunondjo Hengari, ‘n polisiebeampte verbonde aan die beskermingseenheid vir belangrike persone, en Masaka Mba uitgeken.

Vrydag het die 54-jarige Ester Sakaria in ‘n ongeluk op die Onayena-

Okankolo-grondpad gesterf, waarin ses ander passasiers (insluitende die bestuurder) ernstig beseer is. Vier van die beseerdes is in ‘n kritieke toestand. Volgens die polisie se jongste misdaadverslag het die bestuurder van die voertuig, ‘n 29-jarige vrou, nie ‘n bestuurslisensie gehad nie.

Op Ongwediva het ‘n 23-jarige man Saterdag in die vroeë oggendure glo beheer oor sy voertuig verloor en in ‘n advertensiepaal by die Shell-diensstasie vasgery. Hy en die twee passasiers wat saam met hom in die voertuig was, het ernstige kopbeserings opgedoen en is in die staatshospitaal op Oshakati opgeneem.

Klagte van bestuur sonder ‘n rybewys en roekelose of nalatige bestuur staar die bestuurder in die gesig.

‘n Voetganger is in ‘n kritieke toestand nadat hy Saterdag na wat verneem word in ‘n trompop botsing tussen twee voertuie by verkeersligte op Okakongo gestamp is. Volgens die polisieverslag was die man besig om die pad oor te steek toe die botsing plaasvind.

Hy is in ‘n kritieke toestand in die Oshakati-staatshospitaal se intensiewesorgeenheid opgeneem, terwyl die bestuurders van die twee voertuie ongedeerd daarvan afgekom het.

Op Ongwediva is ‘n man Saterdag omstreeks 21:30 deur twee veiligheidsbeamptes opgemerk waar hy glo roekeloos bestuur het.

Hy is met behulp van die polisie vasgetrek en moet in die hof op ‘n aanklag van dronkbestuur verskyn.

In nog ‘n voorval van die vermeende bestuur sonder ‘n rybewys is ‘n 93-jarige passasier ernstig in ‘n ongeluk op die Ondangwa-Ongha-pad beseer.

Die bestuur het na bewering nie oorweging aan aankomende verkeer geskenk nie en reg voor ‘n ander voertuig ingery. Drie passasiers is vir behandeling na die Ongha-kliniek geneem.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 18km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 18km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!