Polisie, studente wys vinger na mekaar

Tanja Bause
Tanja Bause - Die polisie het gister toegegee “die minimum geweld” is gebruik om studente uiteen te laat gaan, wat Woensdag aan ’n betoging oor die uitbetaling van lening-geld van die Finansiële Hulpfonds vir Namibiese Studente (NFAF) deelgeneem het.

Dit was volgens hulle nodig omdat die studente nie by die reëls van ‘n optog gehou het en verdaag het ná hulle die klagskrif aan die minister van hoër onderwys, opleiding en vernuwing oorhandig het nie.

Volgens adj.komm. Edwin Kanguatjivi, woordvoerder van die Namibiese polisie, het die Namibië Nasionale Studente-organisasie (Nanso) die polisie daarvan in kennis gestel dat hulle ‘n petisie aan minister Itah Kandjii-Murangi gaan oorhandig.

“Ons het vir hulle gesê die Namibiese polisie en die stadspolisie sal hulle begelei. Ons het hulle ook op bepalings van die openbare byeenkomsproklamasie gewys. Dit vereis dat betogers in vrede uiteengaan ná hulle die klagskrif oorhandig het. Indien hulle dit nié doen nie, het die polisie die gesag om die minimum geweld te kan gebruik om hulle te uiteen te jaag,” het hy gesê.

Op navraag oor die gebruik van traangas en rubberkoeëls, en wat presies “die minimum geweld” behels, het Kanguatjivi gesê: “Die minimum geweld is enigiets wat nie ernstige liggaamlike skade kan aanrig nie. Dit sluit die gebruik van traangas en rubberkoeëls in.”

Volgens ’n nuusverklaring wat Nanso uitgreik het, is lede van die spesiale veldmag ingeroep om “vreedsame studente brutaal te verjaag”.

Hulle beweer studente is “aangerand” en dat baie van hulle “verdwyn” het.

“Niemand is in hegtenis geneem of beseer nie. As ’n student geval het terwyl hulle weggehardloop het ná die polisie herhaaldelik gesê het hulle moet versprei, kan die polisie nie daarvoor verantwoordelik gehou word nie,” het Kanguatjivi gesê.

Volgens Nanso het baie van die studente op hul knieë neergegaan toe die polisie die bevel van die minister af ontvang het om hulle uiteen te jaag.

“Deur die bevel vir die aanval op ongewapende, knielende studente te gee, het die minister dit duidelik gemaak dat toegang tot tersiêre onderwys nie voorkeur by haar geniet nie, en enigiemand wie se mening van hare verskil, sal aangerand en afgeknou word,” lui die verklaring.

Kangiatjivi sê egter dit is nie waar dat die minister dié bevel gegee het nie.

“Sy kan nie so ’n bevel geen nie. Slegs lede van die polisie kan so ’n bevel gee. Die besluit om die studente te laat versprei, is geneem omdat hulle in die straat gaan sit het en die regte en vryheid van ander burgers geskend het. Betogers se regte beteken nie meer of minder as dié van ander burgers s’n nie,” het hy gesê.

“In die lig van wat gebeur het, gaan ons nie verder met die minister onderhandel nie. Ons doen ’n beroep op die president en die eerste minister om in te gryp en voor 14 Augustus tot ons redding te kom. Indien geen gunstige ingryping plaasvind nie, sal studente hulself mobiliseer om te bepaal wat die pad vorentoe is, wat tot 'n studentrevolusie kan lei,” lui Nanso se verklaring voorts.

“Ons waarsku almal wat in die toekoms betoog om by die wet te hou en ná ’n petisie oorhandig is, uiteen te gaan. Die polisie het die reg om die wet toe te pas en minimale geweld te gebruik, en ons sál,” het Kanguatjivi gesê.

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

SerieA: Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!