Polisie waarsku teen uitnodiging per e-pos uit Kenia

31 December 2004 | Politiek en nasionale nuus
DIE polisie in Windhoek het waarskuwing aan die publiek gerig om op die uitkyk te wees vir e-posboodskappe met uitnodigings om Kenia te besoek.
Die waarskuwing volg op e-pos wat die Interpol-kantoor van die Namibiese polisie van hul eweknieë in Nairobi ontvang het. In die e-pos sê die Keniane dat die publiek versigtig moet wees vir e-posboodskappe wat mense lok om na Kenia te gaan waar vermoedelik handel gedryf word in menslike liggaamsdele.
Individue wat goedgunstig op die e-posse gereageer het en na Kenia gereis het om hulle \"vriende\" daar te ontmoet met die hoop op voorspoedige toekoms, is vermoor vir hul liggaamsdele wat op die swartmark verkoop word.
Berigte uit Nairobi lui dat drie Zimbabwiese vroue op die e-pos-boodskappe reageer het en na Nairobi is. Hier is een van die vroue onthoof en haar liggaam is in die veld gelaat. Haar kop is later verskeie kilometers verder gevind. Die polisie in Kenia ondersoek die voorval.
Die Namibiese polisie doen beroep op enige persoon wat so uitnodiging na Kenia ontvang het, om dadelik die Interpol-kan-toor in Windhoek te kontak by telefoonnommer 061 209 3269/71.

- Die polisie vra ook die publiek se hulp met die opsporing van Linus Morkel alias Kunas, ouderdom 43. Linus het gisteroggend omstreeks 06:30 vermis geraak in Klein Wind-hoek.
Linus is psigiatriese pasiënt en het nooit weer teruggekeer na sy huis in Klein Windhoek ná hy net na sesuur die oggend gaan draf het nie. Hy is laas gesien geklee in donkerblou kortbroek en ligblou t-hemp. Hy is lig van kleur en het kort geskeerde hare.
Linus of enigiemand wat weet waar hy hom bevind, word versoek om met Amanda in kontak te kom by telefoonnommer 061 234 558 of selfoonnommer 081 247 8384.

Soortgelyk

 

Hardap se sluise dalk vanaand getrek

2 ure gelede | Omgewing

Die Hardapdam kan dalk laat vanaand 70% van sy kapasiteit bereik, wat beteken dié suidedam se sluise sal getrek moet word. Die dam was om...

Botswana-weermag nie aanspreeklik vir sterftes

3 ure gelede | Howe

Landdros Taboka Mopipi het beslis dat Botswsana se weermag (BDF) nie aanspreeklik gehou kan word vir die sterftes van die Nchindo-broers en hul neef, wat...

Erkenning vir selfdegeslaghuwelikke afgekeur

3 ure gelede | Howe

Drie regters in die Windhoekse hoërhoof het ‘n aansoek van die hand gewys om selfdegeslaghuwelikke te erken tussen twee Namibiërs en hul buitelandse eggenotes. Hulle...

Vyf damme kry water

7 ure gelede | Omgewing

Teen gistermiddag om 14:50 het die Hardapdam nog sowat 289,3 m³ water per sekonde ingekry, terwyl nog drie ander nasionale damme sedert Maandag ‘n inloop...

Lelies begin Sondag blom

17 ure gelede | Omgewing

Belangstellendes kan Sondag weer die lelieskouspel op die plaas Sandhof naby Maltahöhe bewonder wanneer die blomme na verwagting in die kleipan sal begin blom. Die...

Nóg reën word voorspel

17 ure gelede | Weer

Henriette Lamprecht – Met die weerprofete wat nóg reën voorspel, is dit veral die suidelike en sentrale gedeeltes van Namibië wat juig oor hul reënmeters...

Oranje: Oorstromings ‘haas onafwendbaar’

17 ure gelede |

Ronelle Rademeyer – ’n Volgende vloedgolf is in die Benede-Oranjerivier op pad en oewerboere is volgens berigte in die Suid-Afrikaanse media gewaarsku oorstroming lyk nou...

Weer vir 20 Januarie 2021

17 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Tref voorsorg teen wyd verspreide donderbuie.BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en warm in die Namib en die Zambezi- en Omaheke-streke met enkele buie. Elders bewolk en...

Reën beskadig tente by Havana-projekskool

17 ure gelede | Ministeries

Jeanette Diergaardt – Die Havana Sekondêre Projekskool het gister reënskade gehad nadat reënbuie die aand tevore in die hoofstad uitgesak het. Volgens die onderwysers wat...