Polisie waarsku teen skelms
Tanja Bause - Die Namibiese polisie het ’n waarskuwing uitgereik teen skelms wat hulself as die minister van sport, jeug en nasionale diens, mnr. Erastus Uutoni, voordoen.
Hoofinsp. Kauna Shikwambi, polisiewoordvoerder, het gesê hulle het oor die naweek klagtes ontvang van mense wat slagoffers van dié slenter was.
“Die mense is op Facebook gekontak deur skelms wat die minister se naam en foto gebruik. Hulle gebruik ook die e-posadresse [email protected],” het sy gesê.
Volgens Shikwambi ontvang mense ’n boodskap wat hulle inlig die minister het begunstigdes van die ministerie van sport, jeug en nasionale diens vir ’n ontwikkelingsprogram geïdentifiseer.
Die sogenaamde program behels die plasing van jeugdiges by ondernemings in Suid-Afrika.
Alle begunstigdes moet volgens die slenter ’n administrasiefooi van 270 Britse pond (meer as N$5 000) so spoedig moontlik betaal.
Die minister en die ministerie het afstand van dié boodskappe gedoen.
“Die polisie waarsku die gemeenskap teen aanlyn skelms en sê aanlyn transaksies moet vermy word. Mense moet die toepaslike kantore kontak en die inligting staaf wat hulle via sosiale media ontvang – veral as geld betrokke is.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie