Polisie waarsku oor westelike verbypad
Polisie waarsku oor westelike verbypad

Polisie waarsku oor westelike verbypad

Tanja Bause
Tanja Bause



Die Namibiese polisie het 'n waarskuwing gerig aan bestuurders wat snags op die westelike verbypad by Windhoek ry.

Dit volg nadat klippe Donderdag om 20:00 deur 'n voertuig se ruit gegooi is. Die vroulike bestuurder het gestop om te kyk wat aangaan, toe drie mans uit die bosse gekom het en haar wou beroof. Volgens die polisiewoordvoerder hoofinsp. Kauna Shikwambi het 'n man wat lid van 'n buurtwag is en agter die vrou gery het, gestop en waar­skuwingskote afgevuur. Die vermeende rowers het gevlug en niks is gesteel nie. Die vrou het snywonde aan haar arm opgedoen.

“Bestuurders moet op hul hoede wees as hulle op die westelike verbypad of onderdeur brûe ry, veral snags. Ry na die naaste polisiekantoor of enige veilige plek en meld die voorval aan,” het sy gesê.

“Wat ook al gebeur, moenie stilhou nie. Jy weet nie watter gevare op jou wag as jy stop nie.”

Volgens Shikwambi is 'n man op 31 Desember 2017 dood nadat 'n klip deur sy voertuig se ruit gegooi is. Die voorval het om 00:00 op die westelike verbypad onder die Rocky Crest-brug gebeur.

Enigiemand met inligting oor die voorvalle kan adj.komm. Agas by 081 124 2649 kontak.

In nog 'n voorval is mnr. Max Meyers Woensdag om 12:25 van N$30 000 kontant beroof. Hy het voer gekoop en agtergekom sy sleepwa se bande is ietwat pap. Hy het by 'n vulstasie gestop en die bande gepomp.

“Die wit banksak met die geld in was in my baadjiesak. Iemand moes dit gesien het en my agtervolg het,” het hy gesê.

Hy het van die vulstasie af na 'n besigheid toe gery, maar dié se elektroniese hek was toe.

“Ek hou nie daarvan om te toeter nie en het die mense gebel om oop te maak. Ek was op die selfoon toe die man deur my voertuigvenster die kontant gryp en hardloop.”

Op 'n kringtelevisievideo kan 'n mens duidelik sien hoe 'n klein sedanvoertuig in die straat stilhou nadat Meyer voor die hek gestop het. Twee mans klim uit die voertuig en hardloop na Meyer se voertuig toe terwyl die hek oopgaan. Die een man is aan die passasierskant. Die ander man steek sy hand by die bestuurder se venster in en gryp die wit banksak met die kontant.

Die sedan, wat intussen stadig vorentoe gery het, jaag dan weg nadat beide mans daarin teruggespring het.

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

SerieA: Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!