Polisie tob oor Rukoro se begrafnis

Ovaherero luister nie na opperhoof

20 July 2021 | Misdaad
Ronelle Rademeyer – Die polisie stel ondersoek in na die gebeure Sondag toe honderde mense vanaf Windhoek, Okakarara en elders na Okahandja gereis het vir die begrafnis van die opperhoof van die Ovaherero, adv. Vekuii Rukoro (66).

Hy is op 18 Junie aan Covid-19 dood.

Die inspekteur-generaal van die Namibiese polisie, lt.genl. Sebastian Ndeitunga, sê die polisie het gister ’n “post-mortem” van die gebeure gehou en sal dit vandag verder bespreek.

“Die polisie was daar, maar as ons die skare mense met rookgranate en rubberkoeëls gedwing het om gehoor te gee aan die protokolle (vir Covid-19-begrafnisse), sou die wêreld gesê het ons is nie sensitief vir die tradisionele rituele van ander nie,” het Ndeitunga by navraag gesê.

Hy het gereageer op vrae oor of die polisie die begrafnisgangers wat die Covid-19-regulasies verbreek het, gaan vervolg.

Roubeklaers het van vroeg Sondag in lang konvooie na Okahandja gery. Hoewel die organiseerders in ’n kennisgewing oor die begrafnisreëlings gesê het die regulasies sal streng nagekom word en net huldeblyke in die vorm van verbyritte sal toegelaat word, het roubeklaers hul voertuie by die Ovaherero-begraafplaas geparkeer, uitgeklim en daar saamgedrom.

Wyle Rukoro het kort voor sy dood in ’n laaste stemboodskap aan sy mense gesê dié virussiekte is besig om die Ovaherero uit te wis.

“Hierdie siekte is onder ons. Dit wis ons nasie uit, ons nasie is besig om dood te gaan.

“Ek het gister gehoor dat omtrent 90% van mense in intensiewesorgeenhede oraloor Namibië, Ovaherero-mense is,” het hy gesê.

’n Transkripsie van die stemboodskap sirkuleer sedert sy dood in die sosiale media.

“Ons trek by begrafnisse saam soos vlieë om vrot vleis,” het hy gesê en bygevoeg: “Ons gaan in ons honderde en neem die virus dan terug huis toe.”

Rukoro het die sterftes onder die Ovaherero as gevolg van die virus “as ’n tweede massamoord ná die volksmoord” meer as ’n eeu gelede beskryf.

Ndeitunga sê die polisie het “die mense gesmeek om uiteen te gaan”, maar hulle het nie gehoor gegee nie. Hy sê baie was bejaarde vroue.

’n Video op Republikein se Facebook-blad van die saamtrek by die begrafnis het ’n stortvloed kommentare ontlok waarin sosialemediagebruikers gesê het almal in Namibië moet oor dieselfde kam geskeer word.

Ndeitunga sê die polisie probeer tans vasstel wat die aandeel van die organiseerders in die verbreking van die regulasies was, en sal na gelang van die bevinding besluit watter stappe gedoen sal word.
[email protected]

FOTO’s
Die ter aarde bestelling het ooreenkomstig die Covid-reëls geskied. Hoewel net tien familielede by die graf toegelaat is, het honderde begrafnisgangers by die begraafplaas saamgetrek. Foto Nampa

'n Man ween hartstogtelik by die begrafnis van die Herero-opperhoof, adv. Vekuii Rukoro. Foto Nampa

'n Skermgreep uit 'n verskafte video wat wys hoeveel mense by die begraafplaas was.

Soortgelyk

 

Pfizer vandag in Namibië verwag

1 uur gelede | Gesondheid

Die Covid-entstof Pfizer word vandag in Namibië verwag. Volgens die hoof van die Namibiese taakspan vir die land se immuniseringsveldtog, me. Petronella Masabane, kom 100...

Forklifting failure

11 ure gelede |

Natasja ByleveldAre you OK thinking about unconventional ideas that could uplift society and norms to a higher standard? Do you like a challenge, or do...

Big thinker who is not afraid of taking risks

11 ure gelede | Mense

Contrasting with his considered, analytical, and steady approach to life, Rolf Mendelsohn is an undisputed adventurer. Together with the other founders of Paratus, Rolf...

'Polisiebeampte' pers dokter glo af

11 ure gelede | Howe

Henriette Lamprecht – ’n Windhoekse dokter is glo afgedreig totdat hy N$30 000 opgedok het nadat hy na bewering deur ’n klaarblyklike polisiebeampte van die...

Miss Aston dra die kroon

11 ure gelede | In beeld

Cobus van der Merwe van St. Blaize Brahman & Sussex Studs gister by die Gobabis Skou saam met sy “Kampioen van kampioene”, Miss Aston 134-12....

Plaaslike skatte nou aanlyn ­beskikbaar

11 ure gelede | Kuns en vermaak

Kuns- en kunsvlytliefhebbers kan nou handgemaakte Namibiese produkte aanlyn via die nuwe Namibia Craft Shop-webwerf aanskaf. Dié platform sal as die aanlyn katalogus van die...

An easy ride-hailing platform

11 ure gelede |

Wetumwene Shikage The everyday experience for many Namibians of getting a taxi to from different locations has been made more convenient. TaxiConnect provides an easy...

A knack for things that are pleasing to the...

11 ure gelede | Mense

Wetumwene Shikage Madeline Heyman, who trained as a fashion designer, has turned her many years of experience to interior design. She says...

Sacrifices worth making

11 ure gelede | Mense

Tunohole MungobaBorn in Windhoek, Leokadia Jacob is a finance administrative officer of Dolomite Camp, which is part of Namibia Wildlife Resorts (NWR).After completing her studies...