Polisie ten volle ontplooi voor betogings
Polisie ten volle ontplooi voor betogings

Polisie ten volle ontplooi voor betogings

Zimbabwe
Estelle de Bruyn
Zimbabwiese polisie het gister waterkanonne en teenonluste-eenhede in die strate van Harare ontplooi voor beplande betogings deur opposisiepartye wat teen die kiesersregistrasieproses gekant is.

Anti-regeringsprotes in Augustus 2016 het tot die ergste geweldpleging ontaard wat die land in twee dekades ervaar het, toe woede oor die ­ekonomiese omstandighede oorgekook het.

Opposisiepartye wat onder die banier Agenda vir Nasionale Verkiesingshervorming (Nera) verenig het, trek ten velde teen die regering se besluit oor die aankoop van biometriese kiesersregistrasietoerusting van die Verenigde Nasies.

Hulle vrees dit sal dit makliker vir pres. Robert Mugabe se regerende Zanu-­PF-party maak om die lys stemgeregtigde kiesers in hul guns te verdraai. - Nampa/Reuters

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 18km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 18km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!