Polisie soek hulp
Die Namibiese polisie is op soek na mnre. Patrick Keramin (42) en Albertus Richard Uiseb (30).
Hulle was werknemers van Alexander Forbes en word in verband met N$512 049,53 se bedrog gesoek. Hul voormalige werkgewer het in 2013 'n saak van bedrog in Windhoek teen dié twee mans aanhangig gemaak.
Die polisie se handelsmisdaad-ondersoekeenheid kon Keramin en Uiseb tot dusver nie vastrek nie. Die beskuldigdes kon nie by hul woonadresse opgespoor word nie.
Die polisie doen 'n beroep op die gemeenskap om hulle na die twee verdagtes te help soek. Enigiemand met inligting kan vir speur-adjudantoffisier Sabo by 081 200 2320 kontak.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie