Polisie skiet 'ietermagu00f4smokkelaar' in die voet
Polisie skiet 'ietermagu00f4smokkelaar' in die voet

Polisie skiet 'ietermagôsmokkelaar' in die voet

Francoise Steynberg
'n Man (34) wat 'n lewende ietermagô op Omaruru wou smokkel, lê nou in die hospitaal.

Volgens adj.komm. Erastus Iikuyu, koördineerder van misdaadondersoeke in die Erongostreek, het die vermeende ietermagôsmokkelaar sy moses teëgekom toe hy gister om 09:10 'n lewende ietermagô aan geheime polisie in Omaruru wou verkwansel.

"Toe die polisie hulself identifiseer, het die verdagte die polisie aangeval, arrestasie teengestaan en weggehardloop," het Iikuyu vanoggend aan Republikein gesê.

Die polisie het die verdagte tot by 'n huis agterna gesit, waarna hy die polisie glo met klippe begin bestook het.

"Die polisiebeamptes het verskeie waarskuwingskote afgevuur, waaraan die verdagte nie gehoor gegee het nie en hy is in die linkervoet met 'n polisiedienspistool geskiet," het Iikuyu gesê.

Die verdagte is in die Omaruru-staatshospitaal opgeneem en is in 'n stabiele toestand onder polisiebewaking.

"Die ietermagô is gekonfiskeer en in 'n veilige plek van bewaring," het Iikuyu bevestig.

Foto ter illustrasie Nampa

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!