Polisie sê Boulter word nie voorgetrek

Formele borgaansoek op 5 Mei

27 April 2021 | Howe
Francoise Steynberg



Die invloedryke Britse sakeman en eienaar van die plaas Kaross in die Kamanjab-distrik, mnr. Harvey Eric Boulter (51), wat tereg­staan op die moord van sy plaasbestuurder sal op 5 Mei in die Outjo-­landdroshof formeel vir borgtog aansoek doen.

Boulter het gister in absentia in die Kamanjab-landdroshof verskyn waar sy regsverteenwoordiger, mnr. Evert Gouws, namens hom voor landdros Immanuel Udjombala verskyn het. Mnr. Pendapala Hamunyela het aangekla.

Volgens 'n staatsaanklaer van Otjiwarongo, mnr. John Kalipi, kan 'n be­skuldigde in absentia verskyn soos byvoorbeeld as die beskuldigde siek of gehospitaliseer is en nie voor 'n hof kan verskyn nie. Hy sê in só 'n geval kan die beskuldigde se regsverteenwoordiger ná 'n formele aansoek namens sy/haar kliënt in die hof verskyn.

Die regsverteenwoordiger van die oorledene, mnr. Gerhard van Wyk (54), se familie, mnr. Jan Wessels, het gister aan Republikein gesê hy is nie verbaas dat Boulter gister in absentia verskyn het nie.

“Dit kan nie ontken word dat hy ­spesiale behandeling ontvang nie. Auas Hills is nie 'n hospitaal nie,” het hy gesê.

“Tydens die borgtogaansoek sal baie waardevolle inligting uitkom, maar dit is nou te sê as die staat borgtog sal teenstaan. Hierdie man het baie mag en geld,” het Wessels gesê.

Boulter het weens sy beleggings in die land permanente verblyfreg in Namibië.

Die Namibiese polisiehoof, lt. genl. Sebastian Ndeitunga, het alle beweringe dat Boulter spesiale behandeling ontvang, ten sterkste ontken.

Boulter is ná die skietvoorval op sy plaas presies twee maande gelede op die aand van 27 Februarie in hegtenis geneem. Van Wyk het op pad na Outjo-staatshospitaal aan sy maagwond beswyk wat glo deur Boulter tydens 'n rusie toegedien is. Boulter is in dieselfde hospitaal onder polisiebewaking opgeneem nadat hy tydens dieselfde voorval homself glo in die hand geskiet het.

Hy het op 2 Maart op 'n moordklag in die Outjo-landdroshof verskyn en is borgtog geweier, waarna hy in Mediclinic in Windhoek vir behandeling van sy skietwond opgeneem is. Daarna is hy glo in die Auas Hills-aftreeoord se kliniek in die hoofstad opgeneem. Hy was nog nie een nag agter tralies nie.

Presies 'n maand ná die skietvoorval is 'n sekuriteitswag van ­Namibian Wildlife Protection glo in die vroeë oggendure deur vier onbekende mans op Kaross aangeval en met 'n pistool aangehou.

Volgens die polisie was dit die tweede poging om 'n misdaad op plaas te pleeg.

Van Wyk se vrou, Alta, en seun, Gerhard, werk ook op Kaross.

As uitvoerende hoof van die Porter-groep het Boulter noue bande met die Britse ministerie van verdediging gehad en sy sekuriteitsklarings het glo gewissel van “geheim” tot “hoogs geheim”.

Dit blyk hy het ook skouers geskuur met wêreldleiers soos Bill en Hillary Clinton.

Inligting wat na vore gekom het in 'n regsgeding waarin Boulter in 2011 met 3M gewikkel was, het tot die bedanking van die destydse sekretaris van verdediging in Brittanje, Liam Fox, gelei.

Volgens die Londense koerant, The Times, het Boulter 'n luukse lewe in Dubai gelei en onder meer 'n seiljag en private straler gehad. Boulter is in 2016 glo onder 'n wolk van beskuldigings van beleggers wat verliese gely het uit Dubai na Amerika.

[email protected]

Soortgelyk

 

Pastoor verkrag glo tienerseuns

10 ure gelede | Howe

Augetto Graig – 'n Pastoor wat tereg staan op vier klagte van verkragting van vier minderjarige seuns, is op borgtog vrygelaat.Die seuns is almal onder...

Eerste nag in selle vir Boulter

10 ure gelede | Howe

Ester Kamati op Outjo – Die invloedryke Britse miljardêr mnr. Harvey Eric Boulter (51) se aansoek om borgtog is gister in die landdroshof op Outjo...

Weer vir 12 Mei 2021

10 ure gelede | Weer

BINNELAND: Dit sal aanvanklik koud wees in die binneland, maar andersins sal dit sonnig en warm tot baie warm wees. In die Noorde sal dit...

Vermeende beesdiewe loop hul rieme styf

10 ure gelede | Misdaad

Ronelle Rademeyer – Drie mans is op Otjinene in aanhouding nadat hulle na bewering Sondag naby Summerdown die slot van 'n plaashek geknip en helder...

'Glyjakkalse' loop hul rieme styf

10 ure gelede | Howe

Twee jong mense wat glo by ver­skeie oornagplekke in die noorde van die land bedrog gepleeg het, is Vrydag in hegtenis geneem. Mnr. Francois Strydom...

Mobiele Covid-toetseenheid by padblokkade

10 ure gelede | Gesondheid

Die eerste mobiele Covid-19-toetsgeriewe vir toeriste is by die Okahandja-padblokkade op die B1-hoofpad geopen. Die mobiele eenheid is 'n inisiatief deur die Toer- en Safarivereniging...

Otji-5-verhoor: Weduwee wil vergoeding eis

10 ure gelede | Howe

Marc Springer – Die weduwee van 'n Zimbabwiese burger wat twee jaar gelede op Otjiwarongo vermoor is, het die eerste wetlike hekkie oorkom in haar...

Tweejarige peuters verdrink in puttoilet

10 ure gelede | Misdaad

Volgens die Namibiese polisie se misdaadverslag het twee kinders, beide twee jaar oud, Saterdag in 'n puttoilet verdrink. Die ongeluk het omstreeks 14:00 in die...

Transgender aanrandingsaak teen polisielid begin

10 ure gelede | Howe

Jana-Mari Smith – Die verhoor waarin 'n transgender Namibiër 'n klag van aanranding teen 'n polisiebeampte aanhangig gemaak het, het Maandag in die hoërhof in...