Polisie op spoor van Mariental-rowers

Die rooftogte by die gewilde oornagplek in die Suide is die eerste in ''n dekade,...

29 April 2016 | Misdaad
Henriette Lamprecht

Die identiteit van die hoofverdagte in twee gewapende rooftogte op Suid-Afrikaanse toeriste in die suide van die land is aan die polisie bekend.
Volgens die eienaar van River Chalets op Mariental, mnr. SC Garbers, is die rooftogte die eerste in tien jaar by die gewilde oornagplek wat beveilig word deur onder meer elektriese heinings en ’n duur sekuriteitstelsel.
Op die aand van die eerste voorval op 17 Maart was daar ’n totale krag­onderbreking op die dorp. Tydens dié voorval is ’n bejaarde toeris in sy woonbussie aangeval en twee skote op hom afgevuur. Volgens Garbers is een van die elektriese drade by die oornagplek deur die rowers geknip, met die alarm wat gevolglik afgegaan het. Die sekuriteitswag het gaan ondersoek instel en die geknipte drade gesien, maar geen persone bespeur nie. Hy het terug na die wagkamer beweeg om die alarm af te sit, met die rowers wat sy vertrek en die donker gebruik het om in te glip. Die woonbussie het naby die draad geparkeer gestaan. Volgens Garbers was die polisie binne drie minute ná alarm oor die roof gemaak is, op die toneel. ’n Ter plaatse ondersoek na die boewe is egter bemoeilik deur die ­kragonderbreking wat alles in donkerte gehul het, terwyl die terrein agter die perseel dig bebos is.
Met die tweede voorval was Garbers uitstedig en was ’n sekuriteitsmaatskappy wat twee dae per week deur River Chalets gebruik word, die betrokke aand aan diens. Weer is ’n draad van die elektriese heining geknip, met die wag aan diens wat met die aanhoor van die lawaai volgens Garbers “reguit na die kampeerplekke se ablusiegeriewe gestap, homself in ’n stort toegesluit en tot ses-uur die oggend hier geslaap het”.
Volgens Garbers het hy eers met sy terugkeer van die rooftog gehoor en onmiddellik die Beyers-egpaar geskakel.

Hulp
“Ek het onder meer aangebied om die bybetaling vir ’n nuwe kamera te betaal, maar hulle het gesê ek moet eers wag totdat hulle versekering alles uitbetaal het. Sou die versekering nie ten volle uitbetaal nie, kan ek dan die oorblywende bedrag betaal”.
Hy het voorts gesê die egpaar kon wél by die terrein uitbeweeg, selfs al was die elektriese draad af. Met verwysing na hul gebrek aan kontant ná die roof, het Garbers gesê die waarnemende bestuurder van Standard Bank op die dorp het die egpaar die volgende dag gehelp om nuwe kaarte te kry.
“Hulle is gehelp om hul gesteelde kaarte te kanselleer, hulle het nuwe bankkaarte gekry en kon geld trek.”
Intussen het die man wat tydens die eerste voorval beroof is, in ’n onderhoud gesê hy het die woonbussie die betrokke aand onder ’n lamppaal parkeer want hy wou “op ’n veilige plek” staan.
“Ek het geweet as die krag weer sou aangaan, sou die terrein helder belig wees en ek kon ook my yskaste enso­voorts aan krag koppel.”
Volgens hom het hy net ingesluimer toe een van die woonbussie se passasiersvensters stukkend geslaan en die deur oopgestamp word.
“Alles het so vinnig gebeur, maar hulle het presies geweet wat hulle doen.”
’n Skoot is na hom afgevuur, met die buskruit wat sy wang gebrand het. Sy broek wat by die bed gelê het en waarin sy beursie, selfoon en die woonbussie se sleutels was, is deur die boewe gegryp. ’n Mat wat hy saamgebring het uit Suid-Afrika vir ’n vakansiehuis in Namibië, is ook gegryp. Voor die boewe by die deur uit is, is ’n laaste skoot afgevuur.
Volgens die man moes sy seun uit Suid-Afrika kom om te help met bankkaarte en nuwe sleutels vir die woonbussie.
Meer as N$12 000 later vir nuwe sleutels, kon hy weer op sy toer deur Namibië vertrek.
“Ek kom al baie jare Namibië toe, partykeer twee tot drie keer per jaar. Dit was die laaste plek wat ek verwag het dat iemand ’n rewolwer op my sal rig. Maar sulke dinge gebeur oral.”

Soortgelyk

 

Voertuie deur Löwen meegesleur

12 ure gelede | Toerisme

Ronelle Rademeyer – Twee toeriste én 'n barmhartige samaritaan moes gister hulpeloos toekyk hoe beide hul voer­tuie deur vloedwater in die Löwenrivier meegesleur word.Dié twee...

Boer slag huurbeeste glo self

12 ure gelede | Misdaad

Elvira Hattingh – 'n Boer uit die Windhoek-omgewing het Donderdag sy vierde verskyning in die landdroshof in Windhoek gemaak op aanklag dat hy 'n boer...

Weer vir 19 Januarie

12 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Wydverspreide donderbuie word oor die binneland verwag.BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en baie warm in die Namib en verre suide met 'n paar buie, andersins gedeeltelik...

Voëlgriep dalk in Namibië

12 ure gelede | Omgewing

Adam Hartman en Erwin Leuschner – Nadat voëlgriep in Suid-Afrika in die Wes-Kaap etlike maande gelede uitgebreek het, bestaan die vrees tans dat seevoëls langs...

Mense keer op keer uit riviere verskuif

12 ure gelede | Regering

Tanja Bause – Talle huise aan weerskante van 'n rivier wat parallel met Istanbulstraat in Otjomuise loop, het Sondagnamiddag oorstroom. Baie van die betrokke mense...

Pedofielsaak skuif na hoërhof

12 ure gelede | Howe

Kristien Kruger – Die vermeende pedofiel wat daarvan beskuldig word dat hy verskeie jong seuns in Windhoek verkrag en vir pornografies doeleindes misbruik het, se...

Reënseisoen skop buitengewoon swak af

12 ure gelede | Weer

Elvira Hattingh – Ofskoon Namibië se weerkantoor opnuut wydverspreide donderbuie vir vandag oor die binneland voorspel, het die eerste helfte van die reënseisoen “baie swak”...

Noorde wag vir reën

12 ure gelede | Weer

Terwyl die sentrale en suidelike gedeeltes van Namibië hoë neerslae die afgelope paar dae aangeteken het, moet die noorde van die land nog volgens die...

Verslag: Verskaffers het Agribusdev droog gemelk

12 ure gelede | Ministeries

Mathias Haufiku – ’n Forensiese verslag oor Agribusdev se sakebedrywighede voer aan verskaffers het voorkeurbehandeling ontvang om sake met die maatskappy te doen deur prysvasstellingstaktieke...