Polisie ontplooi vir padveiligheid
Polisie ontplooi vir padveiligheid

Polisie ontplooi vir padveiligheid

Die inspekteur-generaal van die Namibiese polisie, lt.genl. Sebastian Ndeitunga, het as deel van 'n 12 maande lange nasionale padveiligheidsoperasie opdrag gegee dat polisiebeamptes langs die B1- en B2-roetes ontplooi word.

Met die skole wat Vrydag gesluit het en die Heldedag-langnaweek wat voorlê, het die polisie opnuut 'n beroep op motoriste gedoen om veilig te bestuur en padreëls te gehoorsaam.

Die polisiehoof se 12 maande lange operasie het op 1 Augustus in werking getree en die ontplooiing sal oor twee tydperke geskied - vanaf 1 Augustus 2018 tot 31 Januarie 2019, en vanaf 1 Maart tot 31 Augustus 2019.

Die kabinet het twee jaar gelede 'n nasionale, strategiese padveiligheidbestuursplan vir 2016-2020 goedgekeur. Die ontplooiing is ter uitvoering daarvan.

“Namibië is volgens inligting die land met die derde meeste padongelukke globaal. Dit is eenvoudig vanweë ons gesindheid op die pad en (ons) verontagsaming van die padverkeersreëls en –regulasies,” sê die polisie in sy verklaring.

Benewens Heldedag wat Maandag amptelik op Nkurenkuru in Kavango-Wes gevier word, vind die Olufukofees ook die naweek in die Omusatistreek plaas. Die verwagting is dat die nasionale paaie baie besig gaan wees.

“Die sterftesyfer op ons paaie is werklik ontstellend en die polisie wil benadruk dat motoriste padreëls moet gehoorsaam ten einde veilig by hul onderskeie bestemmings aan te kom,” lui die verklaring.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 18km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 18km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!