Polisie moet opdok nu00e1 vrou se aanranding
Polisie moet opdok nu00e1 vrou se aanranding

Polisie moet opdok ná vrou se aanranding

'n Vrou wat in 2017 deur 'n polisielid aangerand is, sal 'n tiende van die N$100 000 ontvang waarvoor sy die polisie aanvanklik gedagvaar het.
Jana-Mari Smith
Jana-Mari Smith – 'n Hoërhofregter het N$10 000 aan 'n vrou toegeken nadat bevind is dat sy in 2017 deur 'n polisiebeampte tydens ondervraging in die gesig geslaan is.

Dié bedrag is net 'n breukdeel van die N$100 000 waarvoor me. Penehafo Naholo die polisie vroeg in 2019 gedagvaar het.

Sy het die polisie beskuldig hulle het haar hardhandig geboei, elektriese skokke toegedien en geslaan ná 'n gewapende rooftog by haar werkplek.

Waarnemende hoërhofregter Collins Parker het vier van die vyf eise waarvoor Naholo die polisie gedagvaar het, van die hand gewys weens 'n gebrek aan voldoende bewyse.

Tydens die ondersoek is bevind een van die mans wat by die rooftog by die dobbelhuis betrokke was, was Naholo se kêrel. Sy is egter nooit in hegtenis geneem of aangekla in verband met die saak nie.

Volgens Parker se uitspraak beteken die eis van N$100 000 'n bedrag van N$20 000 vir elke eis, indien dit gelykop verdeel sou word.



ONDERSOEK

Die eerste eis wat die hof van die hand gewys het, het verband gehou met Naholo se klag dat sy onregmatig in hegtenis geneem is. Parker het benadruk die eis kan nie bewys word nie, omdat die eiser nooit in hegtenis geneem is soos sy in die hof getuig het nie.

Wat die kwessie van onwettige aanhouding betref, het Parker gesê “geen bewyse” is tydens die verhoor aangebied om hierdie bewering te staaf nie.

Hy het bygevoeg die polisie het binne hul regte opgetree om haar te ondervra as 'n belangrike getuie van die gewapende rooftog, en as die meisie van een van die beskuldigde rowers.

Hy het die aantyging dat Naholo op 'n ongewone manier geboei is, van die hand gewys en benadruk daar is geen bewyse om dit te steun nie.

Oor die bewering dat elektriese skokke aan haar polse toegedien is tydens ondervraging, het Parker op die getuienis van 'n dokter staatgemaak.

Hy het getuig toe hy haar ná die aanranding behandel het, het sy nie genoem dat sy “baie belangrike inligting” wil aanmeld van elektriese skokke waaraan sy onderwerp is nie, en het slegs die fisieke aanranding beskryf.



AANRANDING

Die enigste aantyging waarmee Parker tevrede was, was die houe in haar gesig waaroor Naholo getuig het.

Hy het gesê hy voel “dit is veilig om af te lei” dat die eiser deur 'n polisiebeampte aangerand is, bloot gebaseer op die waarskynlikheid van die voorval.

Hy het gesê die enigste geloofwaardige aantyging was die houe, 'n aanranding wat deur kneusplekke op haar linkerwang ondersteun is, hoewel daar geen oop wonde was nie.

“Dit is nie te sê ek het die feit misgekyk dat enige onwettige aanranding veroordeel moet word nie.”

Hy het gesê na aanleiding van die feite van die saak, dink hy N$20 000 vir die aanranding is buitensporig.

“Na my oordeel is 'n toekenning van N$10 000 billik.”

Parker het beslis beide party moet hul eie regskostes betaal, alhoewel slegs een van Naholo se vyf eise suksesvol was.

Hy het gesê hy het in ag geneem die verweerders is regeringsamptenare, en Naholo 'n “gewone, werklose persoon wat na die hof gekom het om haar regte uit te oefen. Sulke optrede deur arm, gewone mense moet in 'n regstaat aangemoedig word.” - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Currency: GBP to NAD 23.74 | EUR to NAD 20.4 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.04 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.41 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19.05 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 332.04/OZ UP +0.68% | Copper US$ 4.50/lb UP +1.36% | Zinc US$ 2 853.10/T UP 1.67% | Brent Crude Oil US$ 87.47/BBP DOWN -0.006 | Platinum US$ 909.18/OZ UP +0.78% Sport results: Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.74 | EUR to NAD 20.4 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.04 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.41 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19.05 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 332.04/OZ UP +0.68% | Copper US$ 4.50/lb UP +1.36% | Zinc US$ 2 853.10/T UP 1.67% | Brent Crude Oil US$ 87.47/BBP DOWN -0.006 | Platinum US$ 909.18/OZ UP +0.78%