'Polisie moet gebaretaal leer'
'Polisie moet gebaretaal leer'

'Polisie moet gebaretaal leer'

NAMPA
Gehoorgestremde inwoners van Swakopmund het die polisie gevra om gebaretaal te leer sodat hulle beter bedien kan word.

Hulle het hul kommer tydens ’n gemeenskapsvergadering uitgespreek wat deur adjudant-offisier Hilma Uugwanga, stasiebevelvoerder van die Mondesa-polisiekantoor, byeengeroep is.

Uugwanga het haarself aan die gemeenskap voorgestel en hulle vir hul samewerking met die polisie bedank.

Mnr. Leonard Nakale, ’n gebaretaalonderwyser by Laerskool Swakopmund, het gesê: "Ons wil hê die polisie moet gebaretaal leer of daar moet ’n tolk by die stasie wees."

’n Ontstelde mnr. Nangwasha Shilimela het vertel hy is beroof en aangerand, maar toe hy by die Mondesa-polisiekantoor aankom, kon niemand hom verstaan nie, wat veroorsaak het dat hy uiteindelik nie ’n saak aanhangig gemaak het nie.

Uugwanga het belowe om met die Swakopmund-kiesafdelingskantoor saam te werk om ’n oplossing vir die kwessie te probeer te vind.

"Ons is bereid om gebaretaal te leer, maar daar is ook ander opsies om te oorweeg, soos om ’n tolk by die stasie aan te stel," het sy gesê.

Uugwanga het gesê mense moet egter nie hierdeur afgeskrik word daarvan om misdade aan te meld nie. Sy het belowe sy sal verseker dat niemand huis toe gaan sonder om gehelp te word nie.

Mnr. Juuso Kambueshe, ’n Swakopmund-raadslid, het gesê hy probeer al die afgelope twee jaar ’n oplossing vir die probleem vind.

Hy het gesê hy het probeer om ’n permanente tolk vir sy vergaderings te kry, maar het misluk.

Volgens Kambueshe is dit moeilik om ’n tolk te vind, en diegene wat wel gebaretaal verstaan, wil nie sonder vergoeding werk nie.

"Ek sal die raad probeer oortuig om ’n tolk aan te stel. Die regering het gesê niemand moet uitgelaat voel nie, maar ons het hierdie groep uitgelaat," het hy gesê.

Me. Alexia Manombe-Ncube, adjunkminister van gestremdheidsake in die kantoor van die visepresident, het onlangs gesê die Namibiese Nasionale Vereniging vir Gehoorgestremdes lei tolke op sodat hulle vir die gemeenskap beskikbaar kan wees.

Sy het gesê selfs al is daar ’n tekort aan beskikbare geld, is elke organisasie verantwoordelik daarvoor om gebaretaaldienste beskikbaar te maak.

Die minister het gesê daar moet tolke by polisiekantore en openbare vergaderings wees.

Hoofinspekteur Kauna Shikwambi, woordvoerder van die Namibiese polisie, het gesê 30 polisiebeamptes het in 2014 basiese opleiding in gebaretaal ontvang. Twee beamptes van die Erongostreek het ook hieraan deelgeneem.

"Ons oorweeg dit om met opleiding voort te gaan wanneer die begroting dit weer toelaat, maar voorlopig moet gehoorgestremde mense probeer om ’n tolk saam te bring polisiestasie toe," het sy gesê.

Sowat 20 gehoorgestremdes het die vergadering bygewoon. - Nampa

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 18km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 18km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!