Polisie lê beslag op mangaan-lorries

Moet gebied ‘rehabiliteer’

07 January 2019 | Plaaslik
Catherine Sasman – Die Namibiese polisie op Lüderitz het Vrydag op agt vragmotors beslag gelê wat deur TradePort Namibia CC gebruik is om mangaanerts uit Suid-Afrika na dié hawedorp vir berging te vervoer, van waar dit verskeep en uitgevoer sal word.

Dit volg nadat vasgestel is ‘n omgewingklaringsertifikaat is nie vir die operasie uitgereik nie.

TradePort Namibia is een van twee Suid-Afrikaanse maatskappye wat met NamPort onderhandel het om maandeliks 30 000 ton mangaanerts deur die hawe by Lüderitz uit te voer.

Vragmotors het verlede week begin om die fyn erts buite die kusdorp af te laai. Dit het tot groot ongelukkigheid onder inwoners gelei wat bekommerd is oor die onherstelbare omgewingskade wat aan die vis- en marienekultuursektore aangerig kan word, toerisme kan skaad en verkeersprobleme op die dorp kan veroorsaak.

TradePort Namibia het na verneem word vir ‘n omgewingklaringsertifikaat aansoek gedoen, maar het met die vervoer en aflaai van die erts begin al is dié proses nog nie voltooi nie.

Dit het inwoners genoop om die polisie en die omgewingskommissaris te vra om in te gryp en die onwettige operasie stop te sit.

Mnr. Teofilus Nghitila, omgewingskommissaris en waarnemende permanente sekretaris van die omgewing en toerisme, het Donderdag ‘n brief aan die hoof van die polisie, lt.genl. Sebastian Ndeitunga, gestuur waarin hy die polisie versoek het om die aflaai van die mangaanerts te stop.

“Ons het kundiges betrek,” het Nghitila Vrydag gesê en bygevoeg: “Dit is nie iets wat ons ligtelik beskou nie. Dit is ‘n reuse-oortreding om met so ‘n operasie te begin sonder ‘n omgewingklaringsertifikaat.”

Twee omgewingsinspekteurs het ook Vrydag op Lüderitz aangekom om die saak te ondersoek.

TradePort Namibia het opdrag gekry om die gebied voor Vrydag te “rehabiliteer”. Dit beteken al die mangaanerts wat tot dusver afgelaai is, moet verwyder word.

‘n Bron in die ministerie van die omgewing en toerisme het gesê daar bestaan geen sekerheid dat ‘n omgewingklaringsertifikaat wel uitgereik sal word nie.

Volgens die bron kan dit lank duur voordat die proses om so ‘n sertifikaat uit te reik, afgehandel is. Dit is ‘n tydsame proses wat “‘n gedetailleerde ondersoek behels”.

Die bron het ook gesê die terrein waar die erts afgelaai is, is nie “omgewingsgeskik” vir die doel waarvoor TradePort Namibia dit gebruik nie. Dit behoort aan TransNamib en is binne die dorpsgebied geleë.

Dit is nie in hierdie stadium duidelik of die vragmotors waarop beslag gelê is, toegelaat sal word om na Suid-Afrika terug te keer tot tyd en wyl die aansoek vir 'n omgewingsklaringsertifikaat voortduur nie.

Soortgelyk

 

SDFN houses at Kalkfeld nearing completion

4 ure gelede | Infrastruktuur

KALKFELD – The construction of 18 houses by the Shack Dwellers Federation of Namibia (SDFN) is nearing completion at the Kalkfeld settlement in the Otjozondjupa...

Manlike pasiënt 'twee keer' besny

4 ure gelede | Ministeries

Henriette Lamprecht Die ministerie van finansies het 'n forensiese ondersoek na die eispatrone van verskaffers van gesondheidsdienste van stapel gestuur om moontlike bedrog by die...

Kaptein wou terugdraai voor 157 sterf

4 ure gelede | Ongelukke

Ronelle Rademeyer Die kaptein van Ethiopian Airlines se vlug ET302 het toestemming gehad om die vliegtuig terug te draai na die Internasionale Lughawe Bole by...

Só vaar die Verkrygingsraad

4 ure gelede | Ministeries

Augetto Graig Struikelblokke kan in geleenthede omskep word. Só sê me. Lischen Ramakhutla, die Sentrale Verkrygingsraad van Namibië (CPBN) se administratiewe hoof.Sy en mnr. Patrick...

Weer vir 11 Maart 2019

4 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm in die Noorde, Noordooste, Ooste en sentrale hoogland met geïsoleerde donderbuie op plekke. Elders sal dit...

Ou beursbeleid finansier 'enige' student

4 ure gelede | Onderwys

Henriette Lamprecht - “As jy van die begin af nie gehad het wat nodig is nie, gaan jy dit ook nie aan die einde...

Stem nou vir jou gunstelingpaartjie!

4 ure gelede | Gebeure

D'Arlin en Leigh-Ann Benade is een van die top-30-paartjies in Republikein se Bruidspaar van die Jaar-kompetisie. Een gelukkige leser, wat aan ons SMS-kompetisie deelneem, kan...

Aanleg les binnekort weer dors

4 ure gelede | Regering

Elvira Hattingh - Windhoek se WinGoc-aanleg (Windhoek Goreangab Operating Company) sal na verwagting binne dae weer drinkwater aan Windhoekers kan verskaf. Terselfdertyd beplan die munisipaliteit...

Wetsontwerp terug parlement toe

4 ure gelede | Ministeries

Ogone Tlhage – Die wet op staatsondernemings sal na verwagting eersdaags weer in die Nasionale Vergadering (NV) vir finale insette voorgelê word, mnr. Leon Jooste,...