Polisie keer beplande protesaksie
Polisie keer beplande protesaksie

Polisie keer beplande protesaksie

Betogers wil voor die Walvisbaai-stadsaal en raadskantore op Kuisebmond kamp opslaan totdat aan hul versoeke gehoor gegee word.
Gerine Hoff
Otis Finck op Walvisbaai - Die polisie het ingegryp en 'n beplande optog en protesaksie deur plakkers, agterplaashuurders en grondloses op Walvisbaai gekeer.

Sowat 'n honderd mense het Saterdagmiddag by die Kuisebmond-sokkerstadion byeengekom met die doel om die beoogde optog te bespreek en planne te maak om die volgende dag by die Walvisbaai-stadsaal en raadskantore op Kuisebmond kamp op te slaan.

Walvisbaai se burgemeester, mnr. Immanuel Wilfred, het gesê die sameroepers is onverantwoordelik.

“Dit wat hulle beplan, sal geen oplossings bied nie. Dit is die begin van die jaar, die raad is in reses en raadslede begin eers weer op 24 Januarie werk. Hierdie individue gee voor hulle verteenwoordig gemeenskapslede en hul eise vir grond, maar hulle het nie 'n mandaat om namens die gemeenskap te praat nie. Hulle beweer hulle is grondloos terwyl hulle eintlik huise besit.

“Die raad het 'n aansoek om grond aan ons lynministerie asook die Namibië Beplanning- en Adviesraad (Nampab) gerig, wat gesê het ons moet geduldig wees. Hulle het ons verseker daar sal 'n geleentheid wees om ons saak voor te lê. Daar is baie ministeries betrokke in die voorsiening van grond en ons is besig om aandag aan die saak te gee,” het hy gesê.

Wilfred het bevestig die minister van stedelike en landelike ontwikkeling, me. Sophia Shaningwa, sal na Walvisbaai reis om die grondkwessie te bespreek, terwyl die Erongostreek se goewerneur, mnr. Cleophas Mutjavikua, 'n vergadering oor grondvoorsiening en bekostigbare behuising vir 30 Januarie met die munisipaliteit en streekraadslede beplan.

Die beampte vir gemeenskapspolisiëring, ao. Ileni Shapumba, het gesê die sameroepers van die beoogde optog en kampaksie het nie die regte prosedures gevolg of die owerhede van hul planne ingelig nie.

“Die groep het ons nooit ingelig oor hul planne om 'n optog te hou nie en het ook nie toestemming bekom om daarmee voort te gaan nie. Daar was geen verkeersbegeleiding beskikbaar nie en dit kon gelei het tot 'n ontwrigting van dienste, veiligheid en sekuriteit. Kampering by die stadsaal en raadskantore op Kuisebmond sal ook problematies wees aangesien diegene wat meemaak, nie toegang tot lopende water of sanitasie sal hê nie. Hoe beplan hulle om kos te maak terwyl hulle daar kamp?”

Woordvoerders van die groep, mnre. Kenneth Iilonga en Paulus Nicodemus, het gesê die gemeenskap is keelvol vir raadslede, korrupte praktyke en om blyplek te huur.

“Die polisie het ons verhoed om te betoog ten spyte van die feit dat ons reeds op 17 Desember toestemming van die kommissaris en verkeersbegeleiding versoek het. Ons het hierdie week nóg 'n kennisgewing van voorneme gestuur.

“Mense soek bekostigbare grond waar hulle self huise kan bou, aangesien hulle nie huise kan bekostig wat deur finansiële instansies gefinansier word nie,” het Iilonga gesê.

Kommentaar

Republikein 2024-03-29

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 29° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 16° | 29° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 17° | 29° Gobabis: 17° | 30° Henties Bay: 16° | 20° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:24, Low Tide: 23:26, High tide: 17:46 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:22, Low Tide: 23:24, High tide: 17:44 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:21, Low Tide: 23:24, High tide: 17:43 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 23° | 34° Keetmanshoop: 24° | 35° Aranos: 22° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 24° | 35° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 27° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 21° Maseru: 11° | 29° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 27° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 29° Cape Town: 17° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 20° | 30° Harare: 16° | 29° Currency: GBP to NAD 23.79 | EUR to NAD 20.36 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.89 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.77 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.14 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.89 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 233.12/OZ UP +1.93% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.12% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP UP +1.46% | Platinum US$ 908.62/OZ UP +1.53% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 29° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 16° | 29° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 17° | 29° Gobabis: 17° | 30° Henties Bay: 16° | 20° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:24, Low Tide: 23:26, High tide: 17:46 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:22, Low Tide: 23:24, High tide: 17:44 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:21, Low Tide: 23:24, High tide: 17:43 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 23° | 34° Keetmanshoop: 24° | 35° Aranos: 22° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 24° | 35° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 27° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 21° Maseru: 11° | 29° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 27° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 29° Cape Town: 17° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 20° | 30° Harare: 16° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.79 | EUR to NAD 20.36 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.89 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.77 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.14 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.89 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 233.12/OZ UP +1.93% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.12% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP UP +1.46% | Platinum US$ 908.62/OZ UP +1.53%