Polisie help nie toe boer aangeval word

'n Aanval op 'n plaas weens 'n weidingsgeskil het by die polisie op dowe ore geval.
Augetto Graig
Augetto Graig - Met gewelddadige aanvallers wat aan die deur hamer en probeer inbreek, het mnr. Engelhardt Engelbrecht van die plaas Grün Dorner Fläche sowat 30 km buite Gibeon se oproep om hulp na die polisie op dowe ore geval.

Hy sê hy het tot die selfoon by die deur gehou sodat die polisiebeampte kon hoor hy is in gevaar en die erns van die saak begryp. Nogtans was die enigste antwoord bloot dat daar geen vervoer by die polisiekantoor op Gibeon is nie, en niks gedoen kan word om te help nie.

Die aanval het Saterdag net voor sononder gebeur, vertel hy. “Twee bakkies het met 'n hoë spoed die hek oopgestamp,” onthou hy. Saam met Engelbrecht (wat sieklik en bejaard is) in die huis was sy vrou, en sy swaer het pas daar aangekom. “My vrou was in die kombuis, besig om kos te maak. Ek was in die huis en my swaer was besig om by die klein hekkie in te kom. Hy bly net so oorkant die rivier 'n entjie van my af,” sê hy.

Volgens hom kon hy die leier van die meer as tien aanvallers herken as 'n familielid van 'n ander boer in die omgewing. Die aanvallers het geskree: “Engelbrecht, kom uit, ons sal jou vandag vrekmaak!” Hulle het uit hul voertuie gespring en op sy swaer, mnr. Johannes Cloete, afgestorm.

Hy is aangerand, met bakstene geslaan en met klippe bestook, vertel Engelbrecht. Ondanks sy vrou se pogings om hom in die huis te hou, het Engelbrecht sy swaer te hulp gesnel en hom huis toe gelei. In die proses is 'n bierbottel ook op Engelbrecht stukkend geslaan, sê hy.

Volgens Engelbrecht het hy die vorige aand reeds een van die aanvallers op sy plaas opgemerk en hom gekonfronteer. Hy voer aan die geskil tussen hom en sy bure spruit uit die verdeeldheid in die Bondelswarts tradisionele owerheid en sê ongeveer 300 skape is sonder sy toestemming op sy plaas laat wei.

Nadat die inwoners hulself in die plaashuis toegesluit het, het die aanvallers probeer inbreek en 'n desperate oproep is na die Gibeon-polisiekantoor gemaak. “Roep dan vir Keetmans om te help, ons is vasgevang,” herhaal Engelbrecht hoe hy die polisiebeampte gesmeek het om iets te doen.

Nadat die aanvallers weg is, het die omgekrapte plaasmense vergeefs gewag op hulp.

“Ons het tot Sondagoggend gewag,” vertel Engelbrecht. Hy het later self sy swaer in die kar gelaai en na die hospitaal op Mariental geneem.

Cloete ondergaan nog behandeling en wag om 'n doktor te spreek om die omvang van sy beserings vas te stel.

Intussen het adj.komm. Eric Clay van die polisie in die ||Kharasstreek by navraag bevestig dat hy van die voorval weet. Hy sê die polisie op Gibeon het 'n voertuig, maar dit is stukkend. Hy kon nie sê wanneer dit herstel gaan word nie.

Nogtans sê hy is dit nie 'n verskoning­ vir Gibeon se polisie se gebrekkige optrede nie.

“Hulle is gesê om in die geval van 'n ernstige klag vir Mariental te kontak,” sê Clay.

Hy het ook gesê dat vervoer vir Gibeon se ondersoekbeamptes later beskikbaar gemaak is en dat die misdaadtoneel Maandag besoek is om bewyse te versamel. “Die ondersoek duur voort.”

Kommentaar

Republikein 2024-03-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Currency: GBP to NAD 23.87 | EUR to NAD 20.43 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.92 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.28 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.95 | USD to ZMW 24.77 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73909.5 Up +0.41% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1516.02 Down -0.13% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28224.37 Down -2.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 225.05/OZ UP +1.57% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.09% | Zinc US$ 2 453.40/T DOWN -0.13% | Brent Crude Oil US$ 87.37/BBP UP +1.14% | Platinum US$ 908.10/OZ UP +1.48% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.87 | EUR to NAD 20.43 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.92 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.28 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.95 | USD to ZMW 24.77 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73909.5 Up +0.41% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1516.02 Down -0.13% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28224.37 Down -2.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 225.05/OZ UP +1.57% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.09% | Zinc US$ 2 453.40/T DOWN -0.13% | Brent Crude Oil US$ 87.37/BBP UP +1.14% | Platinum US$ 908.10/OZ UP +1.48%