Polisie gee verkeerswenke

Padblokkades en spoedkameras

28 December 2016 | Ongelukke
Verkeer tydens die feesseisoen kan die bron van groot kopseer vir verkeersbeamptes en motoriste wees.

Twee dinge laat motoriste se bloed dikwels kook: padblokkades en spoedkameras. Adj.komm. Ralph Ludwig van die afdeling verkeerswettoepassing van die Namibiese polisie, gee aan motoriste duidelikheid en raad oor dié aspekte:

Padblokkade

Meer padblokkades, een van die grootste kopsere vir motoriste. Motoriste meen soms dit is onnodig en beskou dit as ’n mors van tyd. Padblokkades speel egter ’n groot rol in die veiligheid van padgebruikers.

Ludwig bevestig die nut en funksie wat padblokkades verrig: “Meestal word gefokus op onder meer bestuurderslisensies, padwaardigheid van voertuie, lasbriewe, alkoholtoetse en voertuie wat oorlaai is.”

Volgens Ludwig kan padblokkades ook as ’n aanmeldpunt vir motoriste dien om onder meer ongelukke en verkeersoortredings oner die aandag te bring. In stede van ongeduldig raak by padblokkades, maan Ludwig dat die proses so glad as moontlik moet verloop.

“By enige padblokkade moet motoriste spoed verminder en by die stoptekens stop. Indien beamptes teenwoordig is, moet die bestuurders gehoor gee aan bevele of handseine van die beamptes.”

Spoedkameras (en spoed)

Hoë spoed is een van die belangrikste redes vir ongelukke. Die risiko van sterfgevalle of beserings in stedelike gebiede met ’n spoedbeperking van 60 kilometer per uur neem volgens navorsing skerp toe met ’n relatief klein vermeerdering in spoed. Wanneer 65 kilometer per uur eerder as 60 kilometer per uur gery word, is die gevaar van ’n noodlottige ongeluk byna dubbel. Sodra motoriste teen 70 kilometer per uur ry, is die risiko viervoudig.

Namibië het tans 35 mobiele spoedkameras op verskillende hoofroetes in die land. Die grootste aantal kan op die B1- en B2-hoofroete gevind word, omrede hierdie roetes die grootste probleme ten opsigte van spoed op die land se paaie is.

Die meeste van hierdie spoedkameras is geaktiveer om spoedoortredings te registreer en boetes word uitgereik.

“Hulle kan moontlik met ’n flitslig sein wanneer ’n motor die spoedgrens oorskry, net om die bestuurder van sy spoed bewus te maak,” sê Ludwig. In die nabye toekoms sal hierdie kameras ook geaktiveer word en ten volle ingespan word om die spoedvrate te vervolg.

Vyf Wenke van Ludwig vir ’n veiliger feesseisoen op paaie

1. Moet nie onder die invloed van alkohol of dwelms bestuur nie.

2. Maak altyd seker jou voertuig is in ’n goeie, werkende toestand.

3. Wees kalm en konsentreer op al die padverkeerstekens en padmerke.

4. Maak seker jy is goed uitgerus voor enige rit en rus genoeg tydens enige lang reis.

5. Moenie enige kanse op die paaie waag wat lewens in gevaar kan stel nie.

BLOKKIE

Lys van Noodnommers:

Om ongelukke te rapporteer: 081 9682

Polisie: 10111

Windhoek Stadspolisie: 061 302 302

Verkeersoortredings: 061 222 888

Soortgelyk

 

Sendelinge uit die selle

7 ure gelede | Mense

Tanja Bause - “Ons is nie kwaad nie, ons is hier vir die kinders, die jeug, enkel- en werklose moeders en ons wil graag aangaan...

Daar's water in die Ugab

7 ure gelede | In beeld

Die Ugabrivier het Maandagoggend vir die eerste keer in vier jaar gevloei. Mnr. Basil Calitz van die Brandberg-ruskamp op Uis het dit op sy kamera...

Khomasskole sonder water

7 ure gelede | Onderwys

Augetto Graig – Verskeie skole in die Khomasstreek sit sonder water nadat die ministerie van onderwys, kuns en kultuur versuim het om hul munisipale rekeninge...

Antraks oorsaak van leeu se dood

7 ure gelede | Omgewing

Des Erasmus Miltsiekte was die oorsaak van die dood van die woestynleeu XPL 98 in die Ugabvallei. Bevestiging van die bevinding is deur 'n staatsveearts...

Jong vrou se lyk naby kragstasie gevind

7 ure gelede | Misdaad

Henriette Lamprecht - 'n Verbyganger op die B1-pad langs die Van Eck-kragstasie in Windhoek het gister 'n grufonds gemaak toe hy op die lyk van...

Ondersoek na ongewenste verhoudinge

7 ure gelede | Onderwys

Henriette Lamprecht Intieme verhoudinge tussen onderwysers en leerlinge kom algemeen in veral plattelandse skole in Namibië voor. Terselfdertyd is ouers, onderwysers en skoolhoofde hiervan bewus,...

Weer vir 18 Januarie

7 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en baie tot bloedig warm in die //Kharasstreek, andersins gedeeltelik bewolk en baie tot bloedig warm met geïsoleerde donderbuie. KUS: Gedeeltelik bewolk...

Klagte sluit onder meer geldwassery en bedrog in

7 ure gelede | Howe

Jacqueline Louw Die borgtogaansoek van mnr. Laurentius Julius en twee Chinese burgers, mnre. Tao Huizhong en Huang Jinrong, in 'n saak wat betrekking het op...

Gimmies herdenk 10 jaar

7 ure gelede | Onderwys

Maria Eiseb - Windhoek Gimnasium het gister sy tiende bestaansjaar gevier. Volgens die besturende direkteur van die skool, me. Colette Rieckert, het die skool sy...