Polisie beloof steun vir boere

06 August 2019 | Misdaad
Lourens Schoeman - Samewerking was die wagwoord van Agri Oos-Kaap se jaarkongres verlede week met boere, tradisionele leiers en die SA Polisie wat onderneem het om kragte saam te snoer om landbou in die provinsie te ontwikkel en landelike misdaad te beveg.

Lt.genl. Liziwe Ntshinga, die Oos-Kaap se polisiekommissaris, het afgevaardigdes Sondag op die laaste dag van die kongres wat in Jeffreysbaai gehou is, haar ondersteuning belowe vir Agri Oos-Kaap se pogings om misdaad te voorkom en op te los deur sekuriteitskameras op landelike paaie aan te bring.

Die plasing van dié gemonitorde kameras sluit tans 13 plaaslike munisipaliteite in wat bydra tot die misdaadvoorkomingsaksies waarby al die omliggende gemeenskappe baat vind.

“Ek is die dogter van 'n plaasarbeider. Ek is vandag wat ek is as gevolg van boere,” het Ntshinga gesê. Sy het bygevoeg dat sy verbind is daartoe om veediefstal te beveg wat die provinsie se boere meer as R200 miljoen jaarliks uit die sak jaag.

Sy het egter daarop gewys dat die gespesialiseerde veediefstaleenheid nie genoeg personeel het nie, maar dat same­werking met die boere om inligting uit te ruil kan help om uitdagings te oorkom.

Ntshinga het die voorbeeld geprys van kommersiële boere aan die Lesotho-grens wat 40 perde geskenk het vir reserviste-patrollies.

Dan Kriek, die president van Agri SA, het gesê daar is geen plaasvervanger vir 'n goed bestuurde boerevereniging om die bedryf se toekoms te verseker nie.

Hy het afgevaardigdes aangemoedig om positief te bly.

“Ons is die beste nieregeringsorganisasie in die land, met 'n voetspoor in elke dorp in Suid-Afrika. Ons is nie swak nie. Maar ons moet verantwoordelik praat, aangesien ons namens die hele waardeketting praat.”

Hy het daarop gewys dat die grootste risiko vir boere nie politiek is nie, maar die ekonomie en winsgewendheid.

Volgens Kriek is dit belangrik dat afgevaardigdes nie fokus moet verloor wat betref die volhoubaarheid van die bedryf nie.

– Netwerk24

Soortgelyk

 

Verklaar raad nietig, sê Itula

16 ure gelede | Politiek

Henriette Lamprecht - Dr. Panduleni Itula, tandarts van beroep en onafhanklike presidentskandidaat in die pas afgelope verkiesings, wil hê die aanstelling van nuwe lede van...

Makalani’s se voete in die water

16 ure gelede | In beeld

Die Namibiese weerkantoor het gister wéér ’n weerwaak vir wydverspreide donderstorms uitgereik, wat na verwagting in die Ohangwena-, Otjozondjupa-, Khomas- en Omahekestreek sal voorkom. Daar...

Opposisie, Itula gaan hof toe oor verkiesings

16 ure gelede | Politiek

Denver Kisting – Die amptelike opposisie, die Popular Democratic Movement (PDM), het gister by monde van sy leier, mnr. McHenry Venaani, gesê hulle gaan ook...

Noa kap na ‘leunstoel-kritici’

16 ure gelede | Misdaad

Ronelle Rademeyer - Die Teenkorrupsiekommissie (ACC) se uitvoerende direkteur, mnr. Paulus Noa, het teruggekap na wat hy “leunstoel-kritici” noem en sê pleks dat hulle dié...

STEMFEITE: OSHANA

16 ure gelede | Politiek

Die infografiek lig Ondangwa se verkiesingsuitslae uit. In 2014 het Swapo 86% van alle stemme in die kiesafdeling gewen.

Weer vir 5 Desember 2019

16 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Donderstorms van 50 mm en meer oor 24 uur kan kitsvloede in Ohangwena, Otjozondjupa, Khomas en Omaheke veroorsaak.BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en baie warm...

PDM steek skadukabinet aan die werk

16 ure gelede | Politiek

Denver Kisting – Mnr. McHenry Venaani, leier van die amptelike opposisie, die Popular Democratic Movement (PDM), het gister die party se skadukabinet aangekondig.Volgens hom gaan...

Vervoerpionier se roudiens Saterdag

16 ure gelede | Mense

Francoise Steynberg - Die roudiens van ’n pionier en legende in die Namibiese vervoer- en toerismebedryf, wyle mnr. Willie du Toit (68), vind Saterdag om...

Bank Windhoek sorg vir top- kusvermaak

16 ure gelede | Gebeure

Bank Windhoek is die gasheer van die jaarlikse Summer ­Festival tydens die vakansieseisoen aan die kus. Die fees skop môre af en duur tot 21...