Polisie begelei tandarts glo uit teater
Polisie begelei tandarts glo uit teater

Polisie begelei tandarts glo uit teater

Denver Kisting
Denver Kisting – Die onafhanklike presidensiële kandidaat, die tandarts dr. Panduleni Itula, moes Dinsdagaand glo deur die polisie uit die Nasionale Teater van Namibië (NTN) begelei word.

Dít kom nadat Itula vroeër vir Eagle FM laat weet het hy stel nie in dié geselsradiostasie se presidensiële debat belang as pres. Hage Geingob nie daar gaan wees nie.

Volgens Ndapewoshali Shapwanale van Eagle FM het hulle besluit om Itula se plek op die debatstel met opset oop te los, omdat hy ter elfder ure gekanselleer het.

Itula het toe later die aand sy opwagting by die NTN gemaak en wou die verhoog glo betree ná die verrigtinge onder leiding van mnr. Wonder Guchu reeds goed op dreef was.

Die organiseerders het geweier om hom toegang tot die platform te gee.

Hy het na wat verneem word oproerig geraak en die polisie, wat op die toneel was, se hulp is ingeroep.

Op die kletsruimte Twitter het Itula Dinsdagaand gesê: “Verskoning vir die terelfderure-kansellasie van die presidensiële debat, maar my resies is streng teen Kameraad X.”

Kameraad X is oënskynlik Geingob.

’n Bitter stryd woed die laaste ruk binne Swapo omdat Itula weier om uit die regerende party te bedank, ofskoon hy teen Geingob staan om die land se volgende president te word.

Me. Gwen Lister, voorsitter van Namibia Media Trust, het Itula oor sy besluit gekap: “Dit is oneerbiedig teenoor die organiseerders en die mense wat bygewoon of ingeskakel het om in die doodsnikke te onttrek, @dr_itula. Jy het vooraf geweet @hagegeingob sou nie daar wees nie.”

’n Ander Twitter-gebruiker het Lister se woorde geëggo: “En dít van die persoon wat veronderstel is om ons belange op die hart te dra? Dit lyk meer na ’n persoonlike stryd. Werklik teleurgesteld – ’n stem van my verloor.”

Van sy 29 000 volgelinge op sy Facebook-blad het hom ook oor sy versuim voor stok gekry.

Nóg Itula nóg sy veldtogbestuurder, me. Ella Nghifindaka, het gister op navrae oor die beweerde relletjie gereageer.

Adj.komm. Edwin Kanguatjivi, nasionale polisiewoordvoerder, het by navraag gesê niks is onder sy aandag gebring nie.

Verteenwoordigers van die Popular Democratic Movement (PDM), die Rally for Democracy and Progress (RDP), National Unity Democratic Organisation (Nudo), Landless People’s Movement (LPM) en Swanu het aan die debat in die volgepakte ouditorium deelgeneem.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!