Poging tot moord in Pionierspark
Twee mense is deur ongeveer vyf gewapende mans aangeval en beroof.
Kristien Kruger
Twee mense is glo Woensdag in Scheppmannstraat in Pionierspark Uitbreiding 1 van hul selfone beroof.
Volgens ’n polisieverslag het die voorval omstreeks 15:00 plaasgevind en is een man met ’n mes in die rug en kop gesteek. Hy word tans by die Katutura staatshospitaal behandel.
Volgens die verslag was die groep van vyf of ses aanvallers met messe en gewere gewapen. Hulle het ná ’n mislukte poging om ’n kontantvervoervoertuig te beroof, die mense aangeval.
“Die voertuig was besig om geld by ’n FNB outomatiese tellermasjien af te lewer toe die mans dit probeer beroof het,” lui die verslag.
Die sekuriteitswagte het glo hulself binne die voertuig toegesluit en volgens die verslag het die misdadigers vyf rondes geskiet om hulle te oortuig om die voertuig oop te maak.
Die misdadigers het nie die voertuig oopgekry nie en het ná die aanval op die ander twee mense in ’n wit sedanvoertuig weggery.
Die nasionale polisiewoordvoerder, me. Kauna Shikwambi, het aan Republikein gesê hulle het nog geen verdagtes nie en rig ’n versoek aan die publiek om die polisie in kennis stel van enige inligting wat met die ondersoek kan help.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie