Poetin wen nu00f3g u2019n ampstermyn
Poetin wen nu00f3g u2019n ampstermyn

Poetin wen nóg ’n ampstermyn

Die Russiese president Wladimir Poetin sal vir die volgende ses jaar steeds die septer in Rusland swaai.
Wladimir Poetin het die Russiese presidentsverkiesing Sondag gewen.

Sy oorwinning kom te midde van aantygings dat die Kremlin sy houvas op gewone Russe versterk het.

Nóg ’n termyn as Russiese president sal Poetin amper 25 jaar in die magtigste pos in die Kremlin plaas.

Die grondwet bepaal dat dit Poetin se laaste ampstermyn sal wees.

Talle kiesers beskou Poetin as iemand wat vir Russiese belange veg in ’n vyandige wêreld.

Die 65-jarige Poetin is ’n oudspioen van die gevreesde KGB en is tans betrokke in ’n diplomatieke stryd met Brittanje oor bewerings dat die Kremlin ’n voormalige dubbele agent in Brittanje met ’n senumiddel vergiftig het.

Selfs dié aantygings het oënskynlik g’n duit verskil aan Poetin se gewildheid onder Russiese kiesers gemaak nie.

Daar is egter baie skeptisisme oor die verkiesing.

Teenstanders van Poetin beweer amptenare het die kiesersgetalle probeer opblaas deur stalletjies met afslag-produkte by stempunte op te stel. Staatsamptenare is ook deur die staat aangesê om aan hul base te rapporteer dat hulle wel gestem het.

Reuters het gesien hoe tientalle mense in verskillende stemdistrikte in groepe gaan stem en dan selfies by die stempunte neem.

By stempunt 1515 in Zelonodolks, sowat 800 km oos van Moskou, is gesien hoe vyf mense selfies neem. Op die vraag van die Reuters-fotograaf hoekom hulle dit doen, het een van die jong vroue geantwoord: “Hoe bedoel jy nou? Dit is ’n fotografiese verslag vir ons base.”

Ook by stempunt 2126 in Oest-Djegoeta, het Marina Kostina groepe kiesers foto’s help neem. Toe Kostina gevra is hoekom foto’s geneem word, het sy geantwoord dat die mense se werk die fotografiese bewys gevra het.

Die eerste politikus in jare wat Poetin uitdaag, Alezei Nawalni, is nie toegelaat om ’n kandidaat in die verkiesing te wees nie weens korrupsieklagte wat die Kremlin teen hom aanhangig gemaak het. Nawalni het ’n beroep op kiesers gedoen om die verkiesing te boikot en meen die verkiesing is ’n klug.

Poetin het 76,6% van die stemme op hom verenig.

Poetin se sege en sy verkiesing tot ’n vierde termyn as president was te verwagte, met dié dat die leier van die opposisie, Aleksei Nawalni, nie aan die verkiesing deelgeneem het nie, berig CNN.

Poetin oorheers al 18 jaar die Russiese politiek en is die land se langsdienende leier sedert die Sowjet-diktator, Joseph Stalin.

Die uitslae is nog nie finaal nie en die amptelike uitslae word stuksgewys bekend gemaak.

Poetin het sy oorwinning voor duisende mense in die ysige koue op Moskou se Manezjnaja-plein naby die Kremlin gevier, waar hy ’n beroep op eenheid in die land gedoen het. “Saam is ons ’n goeie span en ek is deel van jou span,” het hy gesê.

’n Amptelike oorwinning met meer as 73% van die stemme sal ’n groot hupstoot vir hom wees. Hy het 63,6% van die stemme in die 2012-verkiesing op hom verenig, maar presies hoeveel mense vanjaar gestem het, is nog nie vasgestel nie

Poetin sal dus tot 2024 regeer, wanneer hy 71 jaar oud sal wees en deur die wet verplig sal word om af te tree. Die president het egter nog nie begin om ’n opvolger voor te berei nie, wat mense laat spekuleer dat hy dalk sal probeer om die land nog langer te regeer.

Ná die aankondiging het hy ’n verslaggewer se vraag, of hy oor ses jaar weer aan die verkiesing sal deelneem, afgelag, berig die BBC.

“Dit is ’n snaakse vraag. Dink jy ek sal hier bly totdat ek 100 jaar oud is? Nee!” – Netwerk24/Reuters/CNN

Kommentaar

Republikein 2024-03-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Currency: GBP to NAD 23.84 | EUR to NAD 20.41 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.93 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.33 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.93 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 219.21/OZ UP +1.30% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.07% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.59/BBP UP +1.39% | Platinum US$ 907.33/OZ UP +1.39% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.84 | EUR to NAD 20.41 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.93 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.33 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.93 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 219.21/OZ UP +1.30% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.07% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.59/BBP UP +1.39% | Platinum US$ 907.33/OZ UP +1.39%