Pocock help Perth se haweloses

13 September 2018 | Sport
Die Wallaby-ster David Pocock se vrygewigheid strek blykbaar verder terug as wat mense waarskynlik besef.

Daar is oor die jare reeds baie berig oor die 30-jarige losvoorspeler se Eightytwenty Vision-liefdadigheid, wat geld insamel vir mense in nood in Zimbabwe.

Maar die verhaal van die bedrewe baljagter wat ’n tjek wat hy as speler van die wedstryd verdien het op slaapsakke vir die haweloses in Perth spandeer, is nie alombekend nie.

Stuff berig dit was ’n 18-jarige Pocock se optrede in 2006 wat die Cardiff Blues-afrigter en voormalige hulpafrigter van die Western Force, John Mulvihill, bybly.

“Wat sou jy met $1 000 doen?” vra Mulvihill.

Pocock, op daardie stadium in sy tweede seisoen van Superrugby, het vir seker nie gedoen wat ’n mens van sekere jong spelers deesdae sou verwag nie.

Hy het ’n kettingwinkel besoek en 20 slaapsakke vir $50 elk aangeskaf.

“Hy het dit in sy motor gelaai en rondom Perth bestuur,” sê Mulvihill.

“Hy het uit sy motor geklim en ’n man in die straat gesien en gesê: ‘Luister maat, ek hoop hierdie sal jou bietjie meer beskermd en veilig laat voel’.

“Hy het dit regtig gedoen.”

Pocock, wat sedert 2008 toetsrugby vir Australië speel, het al 20 slaapsakke wat hy gekoop het, aan hawelose mense in Perth uitgedeel.

“Klein dingetjies soos daardie laat jou besef dat as jy iets kan doen om iemand ’n bietjie gelukkiger in die lewe kan maak, is dit briljant,” sê Mulvihill.

Die afrigter sê hy hoop om dieselfde tipe waardes by die Blues te vestig. – Netwerk24

Soortgelyk

 

Operasie Kalahariwoestyn hervat

11 minute gelede | Polisie

Die omstrede teenmisdaadoperasie Kalahariwoestyn hervat eerskomende Maandag.Die nasionale polisiewoordvoerder, adj.komm. Edwin Kanguatjivi, het Dinsdagmiddag in Windhoek gesê die veldtog en sy voorganger, Hornkrantz, help om...

Chasing your dream

16 ure gelede | Mense

Ester Kamati Aina Johannes completed her matric at Windhoek High School in 2015 and is currently pursuing her studies in marketing management at the International...

Kinderverkragter: ‘Ek is skuldig’

16 ure gelede | Howe

Francoise Steynberg - Die 50-jarige Jeremia van Wyk het gister skuldig gepleit op die verkragting en ontvoering van ’n vyfjarige meisie. Pas nadat Van Wyk gisteroggend van...

/Khomani wil verskeie Khomas-plase onteien

16 ure gelede | Politiek

Catherine Sasman - Die /Khomani-gemeenskap eis nie net die onteiening van plekke soos Dordabis, Aub en Omitara omdat dit aan hul voorvaders behoort het nie,...

Windhoekers kniediep in die skuld

16 ure gelede | Regering

Denver Kisting – Die Windhoekse stadsraad (CoW) het gister by monde van sy woordvoerder, mnr. Harold Akwenye, bevestig hul debiteure skuld hulle bykans N$900 miljoen...

Weer vir 6 Augustus 2019

16 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en baie warm in die Noordooste. Elders sal dit sonnig en baie warm wees, maar matig tot warm in die Suide. Dit...

Maltas Club reaches out

16 ure gelede | Onderwys

Ester KamatiIn conjunction with First National Bank (FNB) Namibia, the University Centre for Studies in Namibia (Tucsin) and Dinapama Manufacturing and Supplies, the Maltas Club...

Making science easier

16 ure gelede | Onderwys

Justicia Shipena B2Gold Namibia, in collaboration with the education ministry, officially launched the flagship Little Shop of Physics (LSOP) teacher programme on 2 August...

Embracing differences

16 ure gelede |

Justicia Shipena As a way of bringing together and uniting the different cultural groups within the International University of Management (IUM) community,...