Plunderwoude: Ministerie ontken ongerymdhede
Plunderwoude: Ministerie ontken ongerymdhede

Plunderwoude: Ministerie ontken ongerymdhede

Die landbouministerie hou vol daar was geen ongerymdhede met die uitreik van permitte vir die grootskaalse oes en vervoer van beskermde, inheemse boomspesies nie.
Elvira Hattingh
Elvira Hattingh - Die ministerie van landbou, water en bosbou sê die meerderheid permitte wat vir die oes en vervoer van hout uitgereik is, is wettig.

Dit is egter boere se verantwoordelikheid om ook ‘n omgewingsklaringsertifikaat te kry.

Terselfdertyd het dit aan die lig gekom dat ‘n lys met die name van meer as 500 permithouers wat nie oor enige omgewingsklaringsertifikate beskik nie, aan die ministerie van die omgewing oorhandig is.

Minister Alpheus !Naruseb het gister tydens ‘n dringende nuuskonferensie in Windhoek volgehou ingevolge die bosbouwet van 2001 is die huidige oes van hout wettig.

Hy het gesê ingevolge die omgewingsbestuurswet van 2007 is dit egter die verantwoordelikheid van diegene wat hout wil oes, om ook ‘n omgewingsklaringsertifikaat te kry – iets wat húlle glo versuim het om te doen.

Mnr. Percy Misika, die ministerie se permanente sekretaris, het ook bevestig dat oesbedrywighede opgeskort is en geen nuwe permitte uitgereik sal word vir die oes en vervoer van hout voordat aansoekers nie bewys kan lewer dat ‘n bosbou-opname gedoen is en ‘n omgewingsklaringsertifikaat van die ministerie van die omgewing en toerisme gewys kan word nie.

Dit volg nadat die ministerie van die omgewing en toerisme verlede maand ingegryp het by die grootskaalse oes van beskermde, inheemse boomspesies in die Zambezi, Kavango-Oos- en Kavango-Wes-streek.

Volgens dié ministerie het hulle nie ‘n enkele omgewingsklaringsertifikaat uitgereik vir die afkap van en kommersiële handel in hout nie, wat beteken die grootskaalse ontginning van beskermde boomspesies is alles onwettig gedoen.

“Ongeag dat die meeste mense wat hout oes oor ‘n wettige oespermit beskik, het onwettige insidente op verskeie plekke in die woud op verskillende tye plaasgevind,” het !Naruseb gesê. “Dit word tans deur ministeriële amptenare, asook die polisie opgevolg en hanteer.”

Die direkteur van bosbou, mnr. Joseph Hailwa, het tydens die geleentheid gesê enige hout wat wel onwettig geoes is, is reeds gekonfiskeer en sal binnekort op openbare veilings op Katima Mulilo, Rundu, Nkurenkuru en by die Mururani-hek verkoop word.

WETTIG?

Misika het tydens die geleentheid ook beklemtoon dat die uitreiking van oespermitte volgens wet deur die verantwoordelike owerhede gedoen is - wat die direktoraat van bosbou is.

“Die meerderheid permitte wat deur die ministerie uitgereik is, is nie onwettig nie. Ongelukkig, toe mense begin hout oes het, het hulle nie by die voorwaardes van die permitte gehou nie. Waar die oortredinge by ons aangemeld is, het ons opgetree.

“Ons het ‘n omsendbrief aan alle amptenare gestuur om die uitreik van oes- en vervoerpermitte te staak totdat ons seker is dat die aansoekers alle wette nakom – ook dié wat nie binne ons domein val nie,” het Misika gesê.

Hy het verduidelik dat aansoekers eerstens moet kan bewys dat hulle Namibiërs is wat grond privaat besit of oor ‘n langtermynhuurpag oor ‘n stuk grond beskik.

“Tweedens moet ‘n opname deur die direktoraat van bosbou gedoen word sodat daar vasgestel word van watter en hoeveel hout deur die aansoeker geoes kan word.

“Die volgende stap is dan vir die aansoeker om aan ander vereistes gehoor te gee, wat behels dat hy ‘n omgewingsimpakstudie moet uitvoer en ‘n omgewingsklaringsertifikaat moet kry. Dit word nie deur die ministerie van landbou, water en bosbou gedoen nie.”

Misika het ook gesê die ministerie neem nie beheer oor aan wie hout verkoop mag word nie. “Dis besigheidseenhede wat self besluit aan wie en vir hoeveel hulle hul produk wil verkoop,” het hy gesê.

Hailwa het tydens die geleentheid gesê die ministerie beskik oor ‘n program vir die hervestiging van woude en dat hulle steun aan gemeenskappe bied om meer bome te plant.

Hy het egter bygevoeg ‘n gebrek aan water is die grootste struikelblok vir die program en noodsaak die ministerie om meer op die natuurlike herlewing van woude staat te maak. Hailwa het gesê dit word gedoen deur ‘n gegewe gebied genoeg rustyd te gun nadat hout geoes is.

Kommentaar

Republikein 2024-03-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Currency: GBP to NAD 23.87 | EUR to NAD 20.45 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.95 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.3 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.96 | USD to ZMW 24.77 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73909.5 Up +0.41% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1516.02 Down -0.13% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28224.37 Down -2.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 213.91/OZ UP +1.06% | Copper US$ 3.98/lb UP +0.02% | Zinc US$ 2 456.10/T DOWN -0.02% | Brent Crude Oil US$ 87.14/BBP UP +0.87% | Platinum US$ 908.98/OZ UP +1.58% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.87 | EUR to NAD 20.45 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.95 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.3 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.96 | USD to ZMW 24.77 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73909.5 Up +0.41% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1516.02 Down -0.13% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28224.37 Down -2.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 213.91/OZ UP +1.06% | Copper US$ 3.98/lb UP +0.02% | Zinc US$ 2 456.10/T DOWN -0.02% | Brent Crude Oil US$ 87.14/BBP UP +0.87% | Platinum US$ 908.98/OZ UP +1.58%