Pluk hande vol Kroatiese kruie gratis

Lloyd Zandberg
Pedro Vorster - Langs ons blyplek groei ‘n lappie geil laventel, só naby en hoog, jy kan by die kombuisvenster uitlê en lag-lag ‘n hand vol pluk. ‘n Kooksel lourierblare vir lamsvleis oes jy sommer langs die drumpel, terwyl die geur van rose die oop deur indwaal.

Om hier te kom, luier ons eers deur ‘n Bosniese/Kroatiese doeanepos, waar Namibiese paspoorte verbasend min aandag kry, ry dan oewerlangs ‘n meer en volg oplaas ‘n kronkelpad bultaf na Katicic, ‘n organiese Kroatiese plasie. Die grens van die Federasie van Bosnië-Herzegowina lê oos en noord, só naby, die plasie word byna omsingel.

Mato, ons gasheer, is ook plaasbestuurder. Al lê die grens digby, is hy ’n trotse Kroaat en nie ’n Bosniër nie.

Hy is skraal, vriendelik, lyk helder, eerlik en taai – buitelewe taai. As dit ooit nodig sou wees om oor hierdie ruwe heuwels te trek, vir watter rede ook al, sal ek hom as gids wil hê.

Hy verwelkom ons met ‘n skoot Grappa.

Die aand daag ‘n boepensvol toerbus op. Die plaashuis het ‘n eetsaal onder ons slaapkamers en hier hou veral Duitse toergroepe lustig etniese jolyt.

Hul vrolike geluide word deur die dik, ou skuurmure gedemp. Die plesieriges klink ver weg, vaag soos ‘n dowwe middernagradio. Later begin vinnige fluitmusiek speel, wat al vinniger tot ‘n wilde histerie opbou. Ek sluip die trappies af. Deur die halfoop waenhuisdeure sien ek Mato dans met ‘n jong, blonde vrou. Hy tol waansinnig. Die kring om hulle klap ritmies hande. Al is dit oppervlakkige toeristevermaak word iets eg, iets vreemds hier opgewek. Hier pols die lewe met ‘n ander reëlmaat. Kortstondig warrel die derwisjdansers van Turkye verby my oë.

Bedagsaam en korrek hou die feestelikheid nie tot onhebbelik laat aan nie. Die bus vertrek en daar is genoeg plaasnag oor vir die stilte om weer sy lê tussen die bome te kry. ‘n Pou sny die donker vir oulaas in repe.

In die middag steek die weer vinnig op. Die plaashuis is op die oog af beskut teen ‘n heuwel geleë. Veilig. Die eerste donderslag kom onverwags en veilig vlieg by die deur uit. Dan klink dit of reuserotse bergaf rol. En dit rammel en blits met oorgawe. Net so skielik hou dit op. Die reënnewel dryf verder af in die kloof en alles is vars. Veilig sluip druipstert terug.

Die plasie het donkerbruin eseltjies met duidelike Jesus-kruise op die rug. Kalkoene koel-koel in die werfhok en voëls snater vrylik. Die tarentale hier klink baie soos hul Namibiese neefs en niggies, maar is kleiner.

Kommunikasie is ongemaklik gebrekkig.

“Havala” is “dankie”.

“Da” is “ja” en “njet” gewoonweg “nee”.

Met elke navraag pluk Mato sy selfoon uit en sy broer, Pero, in Dubrovnik word geskakel ter verklaring. Waspoeier? “Njet.”

Hoe laat sit ons aan vir die oordadige plaas-aandete?

“Da.”

Byna onmoontlik om al die daaglikse beuselagtighede tussen my, Mato en Pero met ‘n woordarsenaal van ja, nee en dankie uit te klaar.

Daar is ‘n tienerdogter en bejaarde vrou in kuise swart op die plaas, wat nie klank of beduie verstaan nie.

Die hoofhuis het ‘n wasmasjien sonder waspoeier en ons vra hoe gaan ons nou klere was? Ons kry ‘n skoon bondeltjie terug, netjies opgevou. Hoeveel kos dit? Die ou moeder wil nie verstaan nie, sê net aanhoudend “gracias” of “gratis” en verseg enige betaling.

Nog erger: Sy vergoed ons met botteltjies soet, tuisgemaakte roos- en okkerneutbrandewyn.

Later is daar ‘n klop aan die deur. Hier staan die dogter. Sy bring botteltjies tuisgemaakte pruim- en vyekonfyt, asook arms vol spinasie en vars eiers. Betaling nou ter sprake? Nee, weer die ongewone “gratis”. Sy bly staan en beduie en praat Kroaties. Wat bedoel die kind tog? Sy wys na my kleinkind, ‘n seuntjie, en maak ‘n swaaiende wiegie met haar arms.

“Kan sy ‘n bietjie met hom speel?”

Hierdie Kroatiese boeremense se hande is in die grond en hul harte waar dit hoort.

Kommentaar

Republikein 2024-04-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma | AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Currency: GBP to NAD 23.75 | EUR to NAD 20.39 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 19.01 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.41 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19.01 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 334.48/OZ UP +0.78% | Copper US$ 4.51/lb UP +1.76% | Zinc US$ 2 867.60/T UP 0.22% | Brent Crude Oil US$ 88.86/BBP UP +0.98% | Platinum US$ 914.78/OZ UP +1.40% Sport results: Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma | AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.75 | EUR to NAD 20.39 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 19.01 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.41 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19.01 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 334.48/OZ UP +0.78% | Copper US$ 4.51/lb UP +1.76% | Zinc US$ 2 867.60/T UP 0.22% | Brent Crude Oil US$ 88.86/BBP UP +0.98% | Platinum US$ 914.78/OZ UP +1.40%