Pleidooi aan die president
Die sesjarige Chloe Isaacs van Keetmanshoop het 'n brief aan pres. Hage Geingob geskryf waarin sy vra dat hy asseblief die coronavirus betyds moet stop sodat sy haar verjaardag kan vier. Chloe word op 31 Mei sewe jaar oud en sy wil die geleentheid graag in Windhoek saam met haar oumie Ronelle en dadda Henkie vier. Ouma Ronelle sê: “Sy het my gebel en gesê 'n partytjie is tans nie moontlik nie, omdat sy en haar ouers nie mag ry nie. Sy het gevra of ek dink dit sal help as sy vir die president 'n brief skryf. Ek het gesê sy moet skryf; ek sal die brief vir die president gee. Ek het nie gedink sy sal dit ernstig opneem nie. 'n Rukkie later het haar ma vir my die brief per WhatsApp gestuur.” Chloe sê: “Ek wil graag saam met my oumie 'n verjaardagkoek bak en dan kan ons almal saam my verjaardag vier.” Foto's verskaf
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie