Platsak veldtog keer manspan nie

Hokkie

12 August 2019 | Sport
Andrew Poolman - Dit het behoorlik raap en skraap gekos, maar al die geldelike verpligtinge is nog nie nagekom vir die Namibiese manshokkiespan om die Olimpiese uitduntoernooi by te woon wat vandag op Stellenbosch afskop nie.

Die spelers self (of hul ouers) se bydraes, asook beloftes van individuele borgskappe wat deur spelers en 'n groep genaamd “Vriende van Namibiese manshokkie” ingesamel is, het dit moontlik gemaak dat die span Vrydag op die vliegtuig kon klim om aan die Afrika-kampioenskap te gaan deelneem.

Twee korporatiewe borgskappe is tot dusver ontvang om spelers uitrusting en die vervoerkoste te dek, maar die koerant verneem dat 'n ouer se kredietkaart ingespan moes word om die verblyfbespreking te doen, met die verwagting dat die beloofde bydraes sal inkom en genoeg sal wees om dié koste te dek.

Daar word ook steeds hard gewerk aan borgskappe vir die span se etes.

Nogtans fokus kaptein Ernest Jacobs en sy manne nie daarop om simpatie te probeer soek nie. Waar daar 'n wil is, is daar 'n weg, glo hulle.

Die mansgroep is gemotiveerd om Namibië op die arena van wêreldhokkie bekend te stel en om hul jonger landgenote iets te gee om na te aspireer.

Die toernooi se skedule vir beide die mans en vroue moes op die laaste oomblik verander word, vanweë die onttrekkings van Uganda en Nigerië wat nie betyds hul visums kon verkry nie.

In stede van 'n verdeling in twee groepe, word die kompetisie nou 'n rondomtalie tussen die vyf vrouespanne en ses manspanne.

Namibië bly egter 'n buiteperd in die manskompetisie. Hul eerste wedstryd begin vanmiddag om vyfuur teen Suid-Afrika, met hul ander groepwedstryde teen Ghana (môre om 17:00) en Donderdag teen die gedugte Egipte (13:00). Saterdag wag Zimbabwe (11:00) en Sondagmiddag om eenuur is dit Kenia.

Die Namibiese vrouespan was bevoorreg om 'n borgskap van N$179 000 te verseker van Namibia Desert Diamonds (NamDia) wat hul reiskoste na die buurland gedek het.

Volgens die nuwe skedule begin Magy Mengo en haar vrouespan se groepwedstryde vandag teen Kenia (11:00), gevolg deur 'n loslootjie Dinsdag voordat Woensdag vir almal 'n rusdag is. Namibië en Suid-Afrika hervat Donderdag om 15:00 hul hewige mededinging, voordat Vrydag weer 'n rusdag is. Saterdag en Sondag se laaste twee wedstryde (beide 09:00) is onderskeidelik teen Ghana en Zimbabwe.

Die Afrika-toernooi se mans- en vrouekampioenspan sal hul plek na die Olimpiese Spele van 2020 in Tokio vasknoop, terwyl die naaswenner met kwalifikasie vir die 2022 Statebond­spele beloon word.

Die nasionale manspan word deur Trevor Cormack afgerig en die vrouespan deur Erwin Handura.

Soortgelyk

 

Geingob: Kabinet sien mense se woede oor kurrupsie

2 dae gelede | Regering

Pres. Hage Geingob het vanoggend vanjaar se die laaste kabinetsvergadering gelei.Hy sê die land se topleierskap is bewus van die huidige korrupsiestorm in die visbedryf,...

Von Bach, Daan Viljoen kry water

2 dae gelede | Omgewing

Die Von Bachdam is nou 2,5% voller as Maandag. Teen 09:00 vanoggend het 3,4 m³ water die dam elke sekonde binnegevloei. NamWater het pas ’n...

NHE to build houses in informal settlement

2 dae gelede | Infrastruktuur

The National Housing Enterprise (NHE) has embarked on a pilot study for the construction of houses for qualified land owners living in informal settlements.Speaking at...

Crafting a future

2 dae gelede | Mense

Elizabeth JosephFrancois Wahl studied B.Acc at Stellenbosch University and is a qualified chartered accountant. Since taking the seat as the CEO of Nictus Furnishers, he...

Oordragplanne van Hatuikulipi’s gefnuik

2 dae gelede | Misdaad

Ronelle Rademeyer - Die Teenkorrupsiekommissie (ACC) het gistermiddag by die aktekantoor in Windhoek beslag gelê op dokumente vir die oordrag van 15 deeltiteleenhede op Swakopmund...

Waarskuwing: Swaar storms tot Saterdag

2 dae gelede | Weer

Elvira Hattingh - Terwyl ’n vrou van Otjiwarongo Woensdag gesterf het toe reënwater haar meegesleur het, waarsku die Namibiese weerkantoor nog swaar storms kan tot...

Highly mechanised

2 dae gelede | Mense

Justicia Shipena Vivacious Marco Swart is a mechanical technician in the packaging engineering department at Namibia Breweries Limited (NBL) - a subsidiary of the Ohlthaver...

Compassion is the new fashion

2 dae gelede | Mense

Evany van WykMarizelle Pienaar lives by the motto, “the more you have to do, the more you get done.” She believes in being a balanced...

Never say never

2 dae gelede | Mense

Mariselle StofbergHester Uushona is a firm believer that being average in life is not an option. She strives towards making her mark while providing others...