Platsak staat kan nie werkers aflê

Regering kan nie ­pakkette bekostig

12 February 2021 | Regering
Mathias Haufiku – Die regering sê dit is nie in 'n finansiële posisie om die staatsdiens te verklein nie, want dit sal aansienlike skeidingspakkette beteken om vervroegde aftrede te motiveer.

Veranderinge wat in 2016 deur die kabinet voorgestel is om die staatsdiens in 'n kleiner en meer kostedoeltreffende struktuur te omskep, moet nog ten volle geïmplementeer word.

Met meer as 100 000 amptenare in die staatsdiens verslind die regering se salarisrol meer as 'n derde van die land se totale nasionale begroting.

In 2013 het die Internasionale Monetêre Fonds (IMF) kommer uitgespreek oor die groot aantal staatsdienswerknemers.

Die minister van finansies, mnr. Iipumbu Shiimi, het verlede week gesê personeelbesnoeiing is steeds op die regering se radar, maar nie veel kan sonder die nodige geld gedoen word nie. “As jy wil hê mense moet vroeër aftree, moet jy geld hê om hulle uit te betaal. Ons moet daardie geld vind,” het hy gesê.



OMSLAGTIG

Tydens 'n onderhoud in ­Namibian Sun se Evening Review-program, het Shiimi gesê die regering ondersoek maniere om s­taatsdiens­werknemers tussen die ouderdom van 55 en 60 jaar te vergoed sodat hulle op ­vervroegde aftrede kan gaan – sonder dat hulle benadeel word.

Hy sê die regering sal ook briek aandraai om vakante poste te vul en dat sommige nienoodsaaklike poste dalk gesluit kan word. Die minister sê indien daar nou geld bestee kan word om werknemers op vervroegde aftrede te stuur, sal die regering geld oor die lang termyn spaar.



KABINET

Die kabinet het aangedring 'n beperking word geplaas op hoeveel poste geskep kan word, asook dat die stelsel vir menslike ­kapitaalbestuur opgradeer moet word om sogenaamde “spookwerkers” uit te hou. Ander planne is om bonusse en ander toelae vaartbelyn te maak en ­vergoeding by die inflasiekoers te hou.

- [email protected]

Soortgelyk

 

Vrou woon in haar motor by hospitaal

7 ure gelede | Mense

Henriette Lamprecht – 'n Bejaarde vrou van die kus woon die afgelope week in haar motor in die parkeerterrein van 'n staatshospitaal in Windhoek om...

Toekoms van 77 Air Nam-vlieëniers onseker

7 ure gelede | Vervoer

Francoise Steynberg – Altesaam 77 vlieëniers van Air Namibia se toekoms is onseker. Boonop het bykans 75% van die redery se vlieëniers se lisensies verval...

Ses damme voller as 100%

7 ure gelede | Weer

Elvira Hattingh – Terwyl altesaam sowat ses Namibiese damme tans 100% of meer water bevat, oorstroom die Zambezirivier sy walle, met water wat in die...

Weer vir 24 Februarie

7 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Wydverspreide donderbuie word in Ohangwena, Oshikoto, Otjozondjupa en Omaheke verwag. BINNELAND: Sonnig en warm in die Suide en Weste, andersins gedeeltelik bewolk en baie...

'Swak bestuur rede vir Meatco se krisis'

7 ure gelede | Byvoegsels

Ellanie Smit - Volgens ’n verslag wat aan die ministerie van staatsondernemings (SOE's) voorgelê is, staar Meatco likwidasie in die gesig indien hy nie kostes...

Hof kry Heritage Health voor stok

7 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – Die mediese fonds Heritage Health het 'n bloutjie in die hoërhof geloop nadat hy sy jaarlikse premies wou verhoog, maar dié stap...

'IEB in nuwe formaat is hier om te bly'

7 ure gelede | Onderwys

Henriette Lamprecht – Die nuwe leerplan vir skole in Namibië wat die Onafhanklike Eksamenraad (IEB)-stelsel volg, is vergelykbaar met die Namibiese Senior Sekondêre Sertifikaat (SSS)...

#Indigiwalk Namibia in die pyplyn

7 ure gelede |

Augetto Graig – Die pad na 'n beter wêreld is eensaam en lank en mnr. Craig (Q7) Beckett, 'n Suid-Afrikaanse Khoisan-jagter, geneser en menseregte-aktivis, sal...

‘Geen personeel betrokke by stropery’

7 ure gelede | Ministeries

Francoise Steynberg Die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme het bevestig dat geen van sy personeel by wildstropery betrokke was nie en stropery het...